Leesvordering:

Onderwys tydens die COVID-19-pandemie in die Noordelike Gebied in Australië

Mei 20, 2020

In Januarie vanjaar het almal oor die koronavirus gelees en daarvan gehoor, wat sy oorsprong in Wuhan, China het. Niemand kon egter voorspel watter impak dit op ons lewens sou hê en dat die jaar 2020 vir ewig in ons psige ingeëts sou wees nie.

In Darwin in die Noordelike Gebied in Australië het gerugte die rondte gedoen dat die Hoofminister, Michael Gunner, beplan het om die staat se grense te sluit. Die meerderheid van Australië se Aboriginebevolking kom in die Noordelike Gebied voor, en die veiligheid van dié kwesbare groep mense was die hoogste prioriteit. My man werk in ‘n buurstaat 4000km van die huis af en kom gewoonlik elke vyf tot tien weke huis toe. Die situasie was heel onseker, en ons was het nie geweet of hy liewer maar moes huis toe kom nie. Toe ons besef dat die sluiting van die grense onafwendbaar is, het hy die volgende dag ’n vlug huis toe bespreek. ’n Paar uur ná sy aankoms het die Hoofminister beperkings aangekondig en die grense gesluit. Wat ’n verligting!

Ons moes almal maar aanpas om genoeg werksplek vir elkeen van die gesin in die huis te kry, maar met ’n bietjie beplanning en ’n bykomende geleende tafel in die spaarkamer kon elkeen ’n persoonlike plekkie vind om in te werk.

Skole is nie gesluit nie, en ouers kon kies of hulle hul kinders skool toe wou stuur. ’n Aantal studente het gekies om te selfisoleer, en as onderwysers het ons gedoen wat ons kon om hulle van elke les op hoogte te hou. Intussen was ons topprioriteit om te verseker dat personeel en veral studente veilig voel by skole, asook om na hul geestesgesondheid om te sien. By my skool het die onderwysers besluit om snaaks aan te trek om die bui te lig. Ek gee klas by die senior kollege van ’n onafhanklike skool hier in Darwin. Daar is besluit om die termyn drie dae vroeër te sluit vir studente. Onderwysers kon opleiding ondergaan en beplan in daardie tyd, asook op die eerste twee dae van die skoolvakansie. Ons is ingelig om op aanlyn onderwys vir die tweede termyn voor te berei, maar dat die situasie baie onseker is. Om bloot te sê dat dit ’n stresvolle tydperk was, stel dit veels te sag.

Dit was maar ’n dag of wat voordat die tweede termyn begin het dat die Noordelike Gebied se regering aangekondig het dat skole in die staat normaalweg sou voortgaan. Die Noordelike Gebied is die veiligste gebied in Australië, met net ’n paar koronagevalle wat voorgekom het – boonop van mense wat van oorsee en oor die staatsgrense heen hier aangekom het. Tot op hede het die Noordelike Gebied nog geen gemeenskapsoordrag of ’n enkele dood aangeteken nie. Studente en personeel was baie bly, om die minste te sê. Terwyl skole in die res van Australië aanlyn moes begin werk, het ons teruggegaan skool toe. Vir die eerste twee weke was daar nog ’n handjievol studente wat hulself geïsoleer het, maar al my studente is terug in die klas. Ons het baie in dié tyd geleer, en ek is dankbaar vir die opleiding wat ons ondergaan het. Ek kan egter eerlik sê dat klaskameronderrig steeds die beste onderwysstrategie is – en vir baie lank nog die beste sal bly. Hoewel ons tegnologies groot vooruitgang gemaak het, is daar maar geen vervanging vir die klaskamer nie.

Intussen gebruik ek my nuwe vaardighede om my studente van meer hulpbronne te voorsien wat hulle van die huis af kan gebruik indien hulle ’n les mis of die inhoud weer tuis wil hersien.

Die lewe in Darwin is weer stadig besig om na “normaal” terug te keer, maar ons is intens bewus van ons verantwoordelikheid om ’n veilige fisieke afstand te handhaaf om te verseker dat ons nie weer streng inperkingsmaatreëls hoef toe te pas nie.

Meer oor die outeur

Estia Sales

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest