Leesvordering:

Open Borders: Nuwe dokumentêr werp lig op skokkende gebrek aan grensbeheer

Mar 15, 2022

’n Nuwe dokumentêr, Open Borders, wat deur AfriForum vervaardig is ontbloot die absolute gebrek aan grensbeheer op Suid-Afrika se grens met Zimbabwe en kyk na die vlaag misdaad wat dit veroorsaak het.

Hierdie dokumentêr wys ook die uiterstes waartoe AfriForum se buurt- en plaaswag-vrywilligers moet gaan om die plaaslike inwoners en hul eiendom te beskerm teen die aanhoudende infiltrasie van smokkelaars en stropers in hierdie area. Kriminele aan Suid-Afrika se kant gebruik weer hierdie oop grense om gesteelde voertuie in Zimbabwe in te smokkel.

“Mens kan regtig nie verstaan hoe ernstig die situasie is tot jy dit self gesien het nie en dit is presies wat hierdie film poog om te doen. Met hierdie film neem ons die kyker saam met ons na hierdie areas om die chaos te beleef. Ons grensgebiede het in die wilde weste verander waar dit elke man vir homself is. Gemeenskappe het nie ’n ander keuse as om verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te neem nie veral aangesien die regering glad nie daarin belangstel om hierdie areas suksesvol te patrolleer nie,”


sê Jacques Broodryk, regisseur van die dokumentêr en veldtogbestuurder by AfriForum.

Op verskeie plekke is die grensdraad selfs gesteel en vir skrootmetaal verkoop, dit is hoe belaglik hierdie situasie geraak het.

“Vrywilligers wat deel is van AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture waag elke dag hul lewe om oorgrensmisdaad te bekamp aangesien die owerhede klaarblyklik nie daarin belangstel om die probleem op te los nie,”


sluit Broodryk af.

Die volgende aflewering van Open Borders sal kyk na Suid-Afrika se grens met Mosambiek.

Open Borders kan hier gekyk word.

Om AfriForum se gemeenskapsveiligheid-vrywilligers te ondersteun op die Zimbabwiese grens besoek www.openborders.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest