Leesvordering:

Plaasaanvalle neem toe, maar plaasmoorde neem af

Jan 29, 2019

Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het.

’n Ontleding deur AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling het bevind dat daar tydens 2018 nagenoeg 432 plaasaanvalle en 54 plaasmoorde was.

“Die plaasgemeenskap baklei terug en gevolglik is daar ’n afname in moorde. Meer slagoffers skiet terug, meer word opgelei en meer verdedig hulself. Die getalle dui aan dat hoewel meer mense oorleef, daar steeds ’n toenemende aanslag op mense op plase is. Ons sien dat goed georganiseerde gemeenskapsveiligheidstrukture ’n ystervuis vir gemeenskappe word en as ’n afskrikmiddel vir bedreigings dien,” se Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron meen dat AfriForum se 132 gemeenskapsveiligheidstrukture en sowat 8 500 aktiewe veiligheidslede toenemend gerusstelling aan gemeenskappe bied en hulle weerbaar maak. Daar is verskeie ander strukture in die land wat ook poog om dit te bewerkstellig, maar dat deel van die sukses van AfriForum se strukture daarin lê dat hulle deel vorm van ’n suksesvolle nasionale netwerk waar eenheid ’n belangrike rol speel en dit tot ’n toename in sukses bydra.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die organisasie sy veldtog teen plaasmoorde in die komende jaar met ’n verskeidenheid van aksies sal verskerp. Dit sluit aksies op plaaslike, nasionale en internasionale vlak in.

AfriForum se aksieplan teen plaasmoorde vir 2019:

  1. Plaaslike aksies
    • ’n Plaasveiligheidsoudit sal onder AfriForum se lede gedoen word, ingevolge waarvan die risiko van plaasaanvalle geminimaliseer sal word.
    • Pertinente fokus sal gedurende 2019 daarop geplaas word om die bestaande veiligheidstrukture te versterk deur dit meer doeltreffend te maak en groter samewerking tussen veiligheidstrukture te bewerkstellig.
  2. Nasionale aksies
    • AfriForum sal die Wilmien Potgieter-fonds op 1 Februarie 2019 van stapel stuur. Die doel van hierdie fonds is om kinders wie se lewens deur plaasaanvalle geraak is, finansieel by te staan.
    • AfriForum is van voorneme om ’n voorlegging in die parlement te maak oor die impak van plaasmoorde en stappe wat deur die regering geneem kan word om dit aan te pak.
  3. Internasionale aksie
    • ’n Opvolgskakeltoer na die VSA sal uitgevoer word. Vir doeleindes van hierdie toer sal die Elie Wiesel Genocide and Atrocities Prevention Act, wat deur die Amerikaanse president Donald Trump onderteken is, bestudeer word vir moontlike aanwending. ’n Bekendstellingsfunksie van Ernst Roets se boek Kill the Boer sal gedurende hierdie besoek in Washington D.C. gereël word. Mariandra Heunis, wie se man in 2016 voor haar en een van haar kinders vermoor is, sal ook die besoek meemaak om in die breë die slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika te verteenwoordig.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest