Leesvordering:

Prosesseertye vir VK-visums

Aug 25, 2022

Deur Jacinda Olivier

Breytenbachs ontvang dikwels navrae van kliënte oor die huidige prosesseertye van VK-visumaansoeke. Ongelukkig kan ons nooit vir kliënte ’n spesifieke tydlyn gee nie, want verskillende faktore kan die prosesseertye beïnvloed. Voorts verander die Home Office ook van tyd tot tyd sy diensvlakooreenkomste.

Dit is dus altyd beter om die jongste inligting te gebruik wat jou Breytenbachs-konsultant aan jou verstrek.

Hier onder bied ons leiding oor VK-visumprosesseertye.

Wanneer begin die wagtyd vir ’n VK-visumaansoek?

Eerstens is dit belangrik om te weet wanneer jou wagtyd begin.

Volgens die Home Office begin die wagtyd vir ’n VK-visum wanneer jy jou visumaansoek aanlyn ingedien het en wanneer jy:

  • jou biometriese afspraak bywoon waar jy jou biometriese inligting verskaf, OF
  • jou identiteit verifieer deur die VK-Immigrasie-ID-kontroleringstoepassing te gebruik.  

Die wagtyd eindig wanneer jy die e-pos ontvang wat die besluit oor jou visumaansoek bevestig.

VK-besoekersvisums

Die vorige diensvlakstandaard van die Home Office vir VK-besoekersvisums was drie weke. Tans werk hulle op sewe weke om te prosesseer. Hulle waarsku kliënte egter steeds dat dit nog langer kan neem.

In sommige lande sal dit moontlik wees om vir ’n prioriteitdiens aansoek te doen op die VK-besoekersvisumaansoek. ’n Prioriteitsdiens beteken jy sal gouer ’n besluit oor jou aansoek kry. Die beskikbaarheid van prioriteitsdienste en super prioriteitsdienste verander egter dikwels, en dit is net in sekere lande beskikbaar.

Dit is die beste om met jou Breytenbachs-konsultant hieroor te gesels en betyds te beplan!

VK-deurgangsvisums

Die huidige prosesseertye vir VK-deurgangsvisums is tans ’n stewige sewe weke. Dit is dus uiters belangrik vir reisigers na die VK om betyds te beplan.

Die Home Office het egter aangedui dat hulle hard werk om die diensvlak weer op drie weke te kry. ’n Prioriteitsdiens kan ook in sommige lande beskikbaar wees. Gesels gerus met jou Breytenbachs-konsultant, want die beskikbaarheid van prioriteitsdienste is ook onderhewig aan verandering.

VK-studentevisums

Die Home Office werk tans aan ’n prosesseertyd van drie weke vir studentevisums vir die VK.

Werkvisums vir die VK

Aansoeke om in die VK te werk, insluitende die visumaansoek vir geskoolde werk, neem tans ongeveer vier weke om geprosesseer te word. 

’n Prioriteitsdiens kan ook in sommige lande beskikbaar wees. Skakel gerus met jou Breytenbachs-konsultant, want die beskikbaarheid van prioriteitsdienste is ook onderhewig aan verandering.

Aansluiting by familie in die VK

Die prosesseertye vir aansoeke om jou in die VK te vestig as die gade, lewensmaat of familielid van iemand wat Britse burgerskap het of in die VK gevestig is, kan ongelukkig ’n stewige 24 weke wees.

Breytenbachs besef dat dit ’n kwaai uitwerking op families en individue het, en ons doen alles in ons vermoë om sulke aansoeke te bespoedig.

VK-herkomsvisumaansoeke

Die Home Office gee drie weke se prosesseertyd aan vir aansoeke vir VK-herkomsvisums.

Aansoeke vir inwoners wat terugkeer en Sertifikaat van Geregtigdheid

Persone wat aansoek doen as inwoners wat na die VK terugkeer en diegene wat aansoek doen vir ‘n sertifikaat van geregtigdheid, kry ‘n besluit binne drie weke.

Wat is die prioriteitsdienste en superprioriteitsdienste?

’n Prioriteitsdiens of superprioriteitsdiens beteken jy sal gouer ’n besluit oor jou VK-visumaansoek kry. Daar is natuurlik bykomende koste verbonde aan alle prioriteitsdienste.

Hierdie diens is egter net vir sekere tipes visumaansoeke beskikbaar. Voorts verskil die beskikbaarheid van land tot land. Dit is die beste om eers met jou Breytenbachs-konsultant te gesels oor die jongste besonderhede in elke geval.

’n Prioriteitsdiens beteken jy kan jou visum binne vyf werkdae gaan haal.

’n Superprioriteitsdiens beteken gewoonlik ’n besluit op die volgende dag.

Die Home Office het die prioriteitsdienste vir alle nuwe familievisumaansoeke opgeskort. Daar is ook ’n vermindering in die beskikbaarheid van besoekersvisumaansoeke.

Langer wagtye vir besluite oor jou VK-visumaansoek

Dit is belangrik om daarop te let dat al die prosesseertye wat die Home Office aandui, langer kan wees as wat aangedui is.

Jy kan soms dalk langer wag vir ’n besluit as jou aansoek ingewikkeld is, en meer inligting kan aangevra word. Selfs al het jy prioriteitsdiens gekies en daarvoor betaal, kan dit steeds langer duur as jou aansoek nie eenvoudig is nie.

Die volgende faktore kan prosesseertye beïnvloed:

  • Die Home Office moet dalk jou stawende dokumente verifieer.
  • Jy moet ’n onderhoud bywoon.
  • Jou persoonlike geskiedenis en omstandighede. Dit kan faktore insluit soos jou misdaadrekord, negatiewe immigrasiegeskiedenis, ens.
  • Die kapasiteit van gevallewerkers.
  • Gebeure soos prioritisering van die Oekraïense Familievisumskema. Dit is tans ’n belangrike faktor wat die prosessering van VK-visums vertraag.

Hoe Breytenbachs jou kan help

Die Home Office kan bespoediging van ’n geval oorweeg wanneer daar uiterse deernisomstandighede of dwingende omstandighede is. Die vereistes hiervoor is egter baie hoog en geld vir gevalle soos mediese noodgevalle. Skakel asb met jou Breytenbachs-konsultant vir meer inligting hieroor.

Voorts kan ons nie die prosesseertyd vir enige visum waarborg nie, want dit is ongelukkig nie in ons hande nie. Ons raai reisigers ten sterkste aan om betyds te beplan sodat ons hulle aansoek betyds kan indien vir hulle beoogde reis.

Skakel altyd met jou Breytenbachs-konsultant vir die jongste inligting oor reëls en prosesseertye, want dit kan daagliks verander.

Stuur ’n e-pos na Breytenbachs by info@bic-immigration.com of besoek ons webtuiste vir meer inligting. Jy kan jou naaste Breytenbachs ook by die volgende nommers skakel: Durban – 031 880 2777, Kaapstad – 021 830 5246 of Pretoria – 021 460 9959, of ons Londen-kantoor by +44 207 442 2160.

Let daarop dat die inligting in hierdie artikel nie op professionele advies neerkom nie. Dit word verskaf vir algemene inligting sonder waarborg van enige aard, hetsy uitdruklik of by implikasie. 

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest