Leesvordering:

REPATRIASIE: ALGEMENE VRAE

Apr 29, 2020

In reaksie op die verspreiding van die COVID-19-pandemie en president Cyril Ramaphosa se afkondiging van ’n ramptoestand, het reeds meer as 4 000 Suid-Afrikaners laat weet dat hulle gestrand geraak het en hulp benodig om na Suid-Afrika terug te keer. Die oorgrote meerderheid is gestrand as gevolg van die inperkings wat in baie lande aangekondig is en die byna algehele beëindiging van vlugte.

Vraag: Waarom lyk dit asof dit makliker is om burgers van sommige lande af te repatrieer as van ander?

Antwoord: Inperkings beteken dat lande geen lugdienste toelaat om na of uit die land te vlieg, behalwe as spesiale toestemming vir repatriasie aan hulle verleen is nie. Dit duur baie lank om finale goedkeuring te verkry en heelwat onderhandelings moet in die proses deur ons missies in die buiteland plaasvind.

Vraag: Word Suid-Afrikaners wat gerepatrieer word getoets voordat hulle aan boord gaan?

Antwoord: Tydens die huidige Covid-19-inperkings word alle Suid-Afrikaners in die buiteland aan toetsing onderwerp voordat hulle aan boord van enige vlug mag gaan. Suid-Afrikaners wat simptomaties is, mag nie reis nie en sal onderworpe aan die gesondheidsvereistes van die gasheerland wees. Hierdie maatreëls is in ooreenstemming met die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Vraag: Wie betaal vir die repatriasie en die kwarantyn?

Antwoord: Daar word van alle Suid-Afrikaners wat gerepatrieer word verwag om ’n tarief waarop ooreengekom is, te betaal. Betalings word gedoen voordat ’n sitplek toegeken word. Ingevolge die huidige regulasies, moet elke passasier ook vir ’n minimum van 14 dae in kwarantyn bly op ’n terrein wat deur die staat aangewys word.

Vraag: Wat behels die proses wanneer Suid-Afrikaners in Suid-Afrika aanland?

Antwoord: Toetsing word gewoonlik aan boord deur Port Health gedoen voordat die vliegtuig verlaat word. Sodra die immigrasie-owerhede toestem, word passasiers vir die kwarantynperiode van 14 dae na die vasgestelde plek van verblyf begelei.

Vraag: Kan Suid-Afrikaners deur die landsgrensposte na Suid-Afrika terugkeer?

Antwoord: Suid-Afrikaners het al en sal weer toegelaat word om tydens die ramptoestand vanaf buurlande deur landsgrensposte na die land terug te keer in ooreenstemming met die goedgekeurde regulasies van die departement van binnelandse sake om te verseker dat hulle wel Suid-Afrikaners is.

Vraag: Behalwe vir diegene wat vanaf Ethiopië, Ghana, Namibië, Nigerië en Angola gerepatrieer is, was daar enige ander repatriasievlugte uit ander Afrika-lande?

Antwoord: Baie Suid-Afrikaners het ook deur landsgrensposte teruggekeer.

 

Bron: Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO)

Kontak DIRCO:

Bevelsentrum:
+27 12 351 1754
+27 12 351 1756

Cicc1@dirco.gov.za of
Cicc2@dirco.gov.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest