Leesvordering:

Selfbestuur: AfriForum stel dokumentêr oor gemeenskapsfederalisme bekend

Feb 16, 2023

Die burgerregteorganisasie AfriForum het gisteraand tydens ’n funksie ’n nuwe dokumentêre film bekendgestel en gepubliseer wat die Solidariteit Beweging se toekomsplan, gebaseer op die beginsel van gemeenskapsfederalisme, verduidelik. Deur middel van verskeie sprekers word die idees van staatsbestandheid en selfdoen ondersoek, asook gedemonstreer deur praktiese voorbeelde. Die dokumentêr bespreek verder AfriForum se ankergemeenskappe inisiatief, internasionale voorbeelde van federalisme in aksie, provinsiale outonomie, groeiende outonomie vir die Wes-Kaap, Orania, Pretoria as kulturele kanton, en veel meer.

Sprekers in die dokumentêr sluit Flip Buys, prof. Danie Goosen, Kallie Kriel, Robert Duigan, Heindrich Wyngaard, dr. Ernst Roets, Helen Zille, Martin van Staden, Russell Lamberti, Joost Strydom, Carel Boshoff, dr. Luis Durnwalder, dr. Christoph Von Ach, Carlo Vettori, en Marc Röggla in.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum en die regisseur van die dokumentêr, sê dat Afrikaners die moed bymekaar moet skraap om hul toekoms en lot in hul eie hande te neem.

“Ons kom vanuit ’n erfenis van pioniers, ons pad is staatsbestandheid en ons is op pad na vryheid. Gemeenskapsfederalisme is die voertuig waarmee ons op hierdie pad ry. Hierdie dokumentêr, genaamd Selfbestuur, poog om die gesprek rondom gemeenskapfederalisme bietjie petrol in die tenk te gee, maar die pad na vryheid strek steeds voor ons uit soos ’n bergpas deur die Drakensberge,” sluit Van Zyl af.

Die dokumentêr, Selfbestuur: Staatsbestande oplossings vir die toekoms, is beskikbaar op AfriForum se YouTube-kanaal, asook op AfriForumTV. Die dokumentêr bevat subtitels vir Engelse kykers.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest