Leesvordering:

Sjokolade-espressoplaatkoekies

Jul 10, 2018

Sjokolade-espressoplaatkoekies is die laaste Sondagplaatkoekies wat ek gaan bak voordat ons met vakansie huis toe gaan. Dis hartseer om weg te gaan noudat die somer pas aangebreek het, maar ek is op pad terug na hope trooskos (o ja, dis goed vir die hart, maar nie so goed vir die middellyf nie).

Maar ek bluf niemand nie; my lewe het nogal verander sedert ek ’n ma geword het. Ek sal liewer die tyd saam met my gesin geniet as om my te bekommer oor hoe om in my bikini te pas. My prioriteite het effens verander, veral aangesien ek en my seun baie graag saam eet. (Die opofferings van ouerskap,sug!) dis ons gunsteling tyd verdryf.

Nog net een naweek en ’n paar dae, en dan is ons op pad. Dit was ’n rowwe paar weke en ek kan nie wag om ’n bietjie tot rus te kom nie, selfs al weet ek dit gaan die meeste van die tyd ysig koud wees. My ouers woon op ’n klein dorpie in die Vrystaat in ʼn baie ou huis met hoë plafonne, maar gelukkig is daar baie verwarmers en stapels komberse waaronder ons kan wegkruip. Ek sal regtig uit my pad gaan om seker te maak my sentjie is warm en gesond.

Die lekker vooruitsig is dat ek my familie gaan sien, lekker gaan rus en inkopies doen (ja!) en Suid-Afrikaanse gasvryheid gaan geniet. Ek sien uit na ’n Engelse fliek met springmielies in ’n regte rolprentteater (sonder enige onderbreukings) En om te gaan uiteet sonder om te moet verduidelik presies wat ek wil eet. Woolworths verstaan my allermins te goed. Daar is soveel op my wenslysie.

Ek dink altyd aan kos en sal waarskynlik op pad soontoe oor kos droom. Nie dat daar veel gedroom gaan word nie, vlieg is nie juis ‘n plesierige ervaring vir ‘n ma nie. Ek sien altyd so op na die vlug, juis omdat dit so lank is. Gelukkig het ek ’n hele maand om te geniet voordat ons terugkom. En daarna gaan ons nog eers ’n paar dae in die middel van die somer in Biarritz vakansie gaan hou. Ek moet net ’n bietjie sonskyn sien voor die winter weer begin – en hier voel of dit nooit tot ’n einde kom nie.

Maar ek kla nie; laat die vakansie begin, daarom is vakansie en sjokolade ’n baie goeie kombinasie…


Sjokolade-espressoplaatkoekies

30 minute voorbereidingstyd
20 minute kooktyd

Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bestanddele

1 koppie glutenvrye meel of gewone koek meel
2 opgehoopte eetlepels kakao
½ teelepel espressopoeier
1 koppie amandelmelk
1 eetlepel appelasyn
⅓ koppie appelpuree of fyngemaakte piesang
1 teelepel vanieljegeursel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
Vars vrugte soos vye, perskes (wat ek liggies in klapperolie en heuning gebraai het) en bessies

Sjokoladesous

1 eetlepel grondboontjiebotter
1 eetlepel klapperolie
1 eetlepel heuning
1½ eetlepel kakao

Metode

Meng al die bestanddele vir die beslag behalwe die vrugte en laat dit sowat 30 minute rus voordat dit in klapperolie gebak word.
Gebruik dieselfde pan om die perskes in klapperolie en heuning te braai.
Mikrogolf die bestanddele vir die sjokoladesous ongeveer ’n minuut en ’n half en giet dit oor die plaatkoekies wanneer dit bedien word.

Ekstras

Gekapte haselneute en fyn klapper.
En ek hou altyd van klapperroom by my plaatkoekies, so dit sit ek beslis by!

Meer oor die outeur

Mariza Ebersohn

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest