Leesvordering:

Stofpad na Afrika

Apr 11, 2022

Ek staan steeds verstom oor die goed wat ’n mens gratis in hierdie land kan kry. Van gratis melkies by die stasie om ’n nuwe geur bekend te stel, tot ’n lywige daaglikse koerant vir jou treinreis, tot ’n vollengte, 220-bladsy boek wat uit die bloute met my naam op by ons huis opdaag.

(Vir die melkies het ek – tipies Suid-Afrikaner – “Nee, dankie” gesê nog voor ek geweet het dit is verniet!) 

Maar vir ’n boek sê hierdie kind nooit “nee” nie.

Unleashed, is die boek se naam, deur Gavin en Anne Calver. Hierdie paartjie gesels oor die kerk in die tyd van die Handelinge en hoe dit die kerk in 2022 kan en moet beïnvloed.

Ek moet erken dat ek maar eers effens langtand beginne lees het.

Maar êrens tussen die Voorwoord en die Inleiding vang ek myself dat ek na ’n potlood soek om te onderstreep. Hier was woorde wat my eie hart in ritme laat resoneer het, en ek wou dit onthou.

“Over the years that have followed, we have often found ourselves in church settings where it feels like things could really happen, but for whatever reason, the congregation have got the spiritual handbrake on. For all that the Lord might want to do, we would rather not lose what makes us feel safe and, ultimately, what we control.

The problem is that when you pursue comfort, you get comfortable magnolia contexts.   When you follow calling, you get vision and direction.”

Magnolia is so ’n ligte melktertgeelkleur wat elke gemiddelde huis op elke straat in elke woonbuurt hier in Engeland se mure volmaak.

Dit is ’n veilige kleur.

Die meeste mense leef gemaklik daarmee saam.

Ek is nou so in die laaste kwartiel van die boek en ek begin al hoe stadiger lees, want ’n mens wil die lekker mos altyd bietjie langer laat uitrek. In die boek lees ek toe in Handelinge 8 ’n stuk wat ek baie lanklaas raakgelees het – die stuk oor Fillipus en die Ethiopiër – en die magnoliakleur maak plek vir iets meer opwindend …

Fillipus het kragtige wonderwerke gedoen in Samaria en ons lees in Die Boodskap-vertaling:

“Filippus het alles kom verander. Toe hy met die mense begin praat oor God se nuwe wêreld wat met Jesus se koms aangebreek het, het baie mense tot bekering gekom. Filippus moes omtrent bontstaan om almal te doop wat in Jesus begin glo het.

Selfs Simon het tot geloof gekom en hom laat doop. Hy het oral agter Filippus aangestap, stom van verbasing oor al die groot dinge wat hy gedoen het.”

Handelinge 8:12

Fillipus was op ’n veilige plek.

Mense het sy boodskap verstaan en tot bekering gekom.

Maar dan hoor hy hy moet gaan.

En hy gaan dadelik.

Op ’n verlate stofpad tussen Jerusalem en Gasa ontmoet hy ’n man met ’n honger na Jesus en Fillipus stel hom voor. Hy preek nie ’n mooi uitgewerkte preek nie, hy ontmoet die man bloot waar hy was en doop hom in die naam van Jesus.

 

En daardie man was die eerste om die Goeie Nuus van Jesus in Afrika in te vat.

Hoe opwindend! En Fillipus was daar sekerlik salig onbewus van.

Fillipus … die Ethiopiër… jy, Afrika-kind wat nou hier lees …

Die Here het planne ver buite kerkgeboue.

Waar ons onsself ook al bevind is presies waar ons iemand mag ontmoet wat honger na Jesus.

En Hy vrá nie van my ‘n mooi uitgewerkte preek nie.

Hy vra dat ek die volgende stap neem soos wat Hy dit vir my wys.

Waar ek is.

Dadelik.

As jy vandag voel of die Here besig is om jou “magnolia”-mure ’n goeie skrobbering te gee, weet dat Hy besig is om jou voor te berei.

Jou stofpad is dalk net die plek van ontmoeting waarna iemand anders al baie lank smag.

Jou inspirasie vir die week: Come now

LEES OOK: Weerstaan. Staan weer.

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest