Leesvordering:

Kan jy in die algemene verkiesing van 2024 stem indien jy in die buiteland woon?

Des 14, 2023

Deur Sue-Ann de Wet

Daar is ’n bekende gesegde van George Nathan wat soos volg lui: “Swak staatsamptenare word verkies deur goeie burgers wat nie stem nie.” In Suid-Afrika kan jy steeds ’n verskil maak deur jou stem te laat hoor – selfs al woon jy in die buiteland.

Hoe gaan jy te werk om jóú stem te laat tel?

Wat het jy nodig om te kwalifiseer?

Om te kan stem terwyl jy in die buiteland woon moet jy:

  • By die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer wees;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort; en
  • ’n VEC 10-aansoekvorm by die OVK indien.

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland wat wel geregistreerde kiesers is, het egter die kans om hulle stem in die vorige nasionale verkiesing te laat hoor, misgeloop. Die rede daarvoor is omdat min daarvan bewus was dat hulle die OVK van hul voorneme om te stem in kennis moes stel. Dit is waarvoor die VEC 10-vorm daar is. Hierdie vorm moet binne 15 dae van die aankondiging van die verkiesingsdatum ingestuur word en sal by www.elections.org.za beskikbaar wees.

Sodra pres. Cyril Ramaphosa die datum aankondig, sal VEC 10-dokumente by www.elections.org.za beskikbaar wees. 

Hoe registreer jy?

Suid-Afrikaners in die buiteland kan nou aanlyn registreer om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2024. Registreer nou.

Agt stappe om te registreer

  1. Aanvaar die bepalings en voorwaardes vir registrasie.
  2. Kies jou naaste Suid-Afrikaanse diplomatieke sending.
  3. Vul jou Suid-Afrikaanse ID-nommer in en laai die foto van jou ID op.
  4. Laai die foto van jou Suid-Afrikaanse paspoort op.
  5. Vul jou e-posadres in om bevestiging van jou registrasie te ontvang.
  6. Vul jou fisiese adres in die buiteland in.
  7. Kontroleer en bevestig jou registrasiebesonderhede.
  8. Kyk of jy die e-pos ter bevestiging van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ontvang het.

Maak seker van jou burgerskap

Wanneer jy emigreer kan jy vir dubbele burgerskap aansoek doen indien jy sou verkies om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou. Dit is belangrik om te onthou dat jy by ’n ambassade moet gaan aandui dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap wil behou voordat jou nuwe burgerskap geregistreer word. Indien jy nooit amptelik geëmigreer het nie, maar bloot buite Suid-Afrika woon, kan jou burgerskap ná drie jaar gekanselleer word. Dit is egter moontlik om weer vir jou burgerskap aansoek te doen indien dit gekanselleer is. Slegs Suid-Afrikaners wat amptelik nog burgers van Suid-Afrika is, sal kan registreer om te stem.

Waar stem jy?

Op die aangewysde verkiesingsdag sal jy met jou ID en paspoort (albei dokumente is nodig en moet steeds geldig wees) by jou naaste ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal kan stem. 

Bly op hoogte

Maak seker jy weet wanneer die verkiesingsdatum aangekondig word deur die OVK op sosiale media te volg.

Volg AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad en teken in op die Kollig-nuusbrief om op hoogte te bly van belangrike inligting.

Stuur ’n e-pos aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) by info@election.org.za vir enige tegniese probleme wat jy ervaar gedurende die aanlyn registrasieproses.

Maak seker om vir die algemene verkiesing van 2024 te registreer sodat jou merkie getel word. Moedig ook jou vriende en familie aan om aanlyn te registreer en neem deel aan die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2024.

LEES OOK: Buitelandse kiesersregistrasienaweek: 26 en 27 of 27 en 28 Januarie 2024

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest