Leesvordering:

Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk tydens COVID-19

Apr 25, 2020

Baie Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk woon, werk of studeer, is besorg oor die uitwerking van die COVID-19-pandemie op hul immigrasiestatus in die VK. Baie ander was besig met hulle aansoeke vir Britse visums toe hul planne deur die beperking op internasionale reise onderbreek is.

Gelukkig het die Britse regering uitstekende programme beskikbaar om werkers in die VK tydens die pandemie te help. Breytenbachs het enkele riglyne vir Suid-Afrikaners in die bogenoemde omstandighede opgestel.

Tydelike ontslag en immigrasie na die Verenigde Koninkryk

Die Britse regering het ‘n baie voordelige toelaag vir werkgewers in die VK aangekondig sodat hulle werknemers gedurende die pandemie tydelik kan ontslaan. Dit behels dat werkers ‘n toelaag van die Britse regering ontvang wat 80% van hul gewone maandelikse loon dek, tot maksimum £2 500 per maand.

Baie Suid-Afrikaners in die VK is bekommerd oor die impak van tydelike ontslag op hul immigrasiestatus. Sulke toelaes word gewoonlik as “openbare fondse” geklassifiseer, en die meeste immigrasieroetes verbied toegang tot openbare fondse. Gelukkig het die VK se Departement van Binnelandse Sake uitdruklik verklaar dat die toelaag vir tydelike ontslag nie vir immigrasiedoeleindes as “openbare fondse” geklassifiseer sal word nie.

Suid-Afrikaners wat in die VK tydelik ontslaan is, kan dus gerus wees dat dit geen invloed op hul immigrasiestatus of enige toekomstige visumaansoek sal hê nie. Enigiemand wat tydelik ontslaan is, sal ‘n werknemer bly.

Die indiening van aansoeke om ‘n Britse visum tydens die COVID-19-pandemie

Die meeste Britse visumaansoeksentrums wêreldwyd is gesluit. In sommige gevalle is dit moontlik om ‘n visumansoek by die Departement van Binnelandse Sake in te dien. Dit is egter nie moontlik om ‘n biometriese afspraak te maak nie, wat beteken die aansoekproses word vertraag.

Breytenbachs beveel egter aan dat kliënte wat wil aansoek doen vir ‘n Britse visum proaktief optree. Dit kan vier tot agt weke duur om ‘n Britse visumaansoek voor te berei; dit is dus nou die ideale tyd om die papierwerk in orde te kry. Breytenbachs kan help met die voorbereiding van die aansoek, en oorspronklike dokumente is nie nodig nie. Sodra die Britse visumaansoeksentrums heropen, kan jy jou aansoek onmiddellik indien.

Afwesigheid uit die Verenigde Koninkryk en onbepaalde verlof om in die VK te bly

Breytenbachs is ook bewus van Suid-Afrikaners wat gewoonlik met langertermyn- Britse visums in die VK werk wat in Suid-Afrika vasgevang is weens die reisverbod en nou van hier af vir hul Britse werkgewers werk. Baie van hulle is besorg oor die uitwerking wat dit sal hê op hul toekomstige aansoek om onbepaalde verlof om in die VK te bly.

Die Britse visumreëls bepaal dat jy nie meer as 180 dae gedurende enige tydperk van 12 maande buite die VK mag deurbring as jy wil aansoek doen om onbepaalde verlof om in die VK te bly nie. Hoewel die Departement van Binnelandse Sake hierdie reël streng toepas, is hulle toegeeflik as die aansoeker bewyse kan lewer van ernstige of gebiedende redes waarom hy/sy nie daaraan kon voldoen nie. Daar is tans geen riglyn van die Departement van Binnelandse Sake waarvolgens die COVID-19-pademie as ‘n ernstige of dwingende rede kwalifiseer nie, maar ons glo dat hulle dit uiteindelik sal insluit.

Ons beveel aan dat Suid-Afrikaners onder sulke omstandighede bewyse hou van hul onvermoë om na die VK te reis en van kommunikasie met hul werkgewer rakende die ooreenkoms om van Suid-Afrika af te werk.

Laat weet ons gerus as jy enige vrae oor immigrasie en die COVID-19-pandemie het waaroor Breytenbachs jou kan adviseer. Jy kan ons kontak by info@bic-immigration.com of ons webwerf besoek by www.bic-immigration.com

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest