Leesvordering:

Sukses: Interdik toegestaan om R50 miljoen-skenking aan Kuba te keer

Mar 22, 2022


Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer.

Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie.

“Ons is baie bly dat ons dit reggekry het om hierdie onwettige en skandalige skenking te keer. Ons is nou baie optimisties dat ons hersieningsaansoek suksesvol ’n einde aan die saak sal maak. AfriForum beloof om aan te hou veg teen buitensporige en verkwistende uitgawes wat belastingbetalers se geld mors,”




sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest