Leesvordering:

Terugflits: Ondernemings in die Kollig (Deel 3)

Jan 11, 2021

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Dan is die Kaap sommer weer Hollands, soos hierdie ondernemings in die Kollig.

  1. The Biltong Shack

As jy in Suid-Afrika groot geword het dan sal jy weet dat biltong ‘n prominente rol in ons lewens speel. Van tandesny tot by familie-etes, sportsgeleenthede en peuselhappies by kroeë, hierdie geliefde lekkerny is deel van ons. Lees meer.

2. Lekker Saffa Spaza

Lekker Saffa Spaza loop die ekstra myl om te sorg dat jy tuis voel. Al wat jy hoef te doen is om jou bestelling te plaas en die Lekker Saffa Spaza span sal jou Suid-Afrikaanse pakkie by jou voordeur aflewer. Lees meer.

3. Belle Moi Sugar Scrubs

Belle Moi is Frans vir “Mooie ek” en die stigter, Anriëtte, glo in goeie selfsorg. DIt is uit hierdie liefde vir selfsorg en goedvoel wat Anriëtte Belle Moi begin het want daar is nie ‘n beter manier om jouself te bederf as met ‘n lekker tuisgemaakte suikerskrop nie. Lees meer.

4. Ozrica Foods

Ozrica Foods is gestig in November 2015 deur Johnny Laing nadat hy ‘n behoefte vir kwaliteit Suid-Afrikaanse versnaperinge teen bekostigbare pryse identifiseer het. Lees meer.

5. Nederkaans

Nederkaans is ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk wat die toonbeeld van styl en gehalte is. Hulle verkoop klere, handsakke, plekmatjies, tafellopers en huisversierings. Al hul ontwerpe is kreatief en verantwoordelik met ’n goeie skeut sonnige, Suid-Afrikaanse houding daarby. Lees meer.

6. Kokkedarling Pty Ltd

Met ons resepvideo’s leer Kokkedarling en haar junior sjef jong kinders om self met gesonde resepte te eksperimenteer. Elke resep is sakpas, geurig en maklik om te maak. Lees meer.

7. Kotze Law

Kotze Law (voorheen Suffolk-Law) is ’n boetiek-regspraktyk in die skilderagtige voorstad Bicton in Perth, Wes-Australië. Ons bied advies van hoë gehalte en verteenwoordig ’n uiteenlopende verskeidenheid individue en korporatiewe kliënte. Lees meer.

8. Peace of Afrika

Peace of Afrika vind skoene, breiwerk en ander mode- en dekorbykomstighede, hoofsaaklik van klein Suid-Afrikaanse produsente of tuisnywerhede, waarvan hulle baie deur die jare ondersteun en gekoester het terwyl dié produsente gegroei het tot volhoubare ondernemings. Lees meer.

9. René de Lange Homeware

Kuns is kos vir die siel. Die regte soort kunswerk kan jou bui verander en veroorsaak dat jy jouself met nóg meer kunswerke wil omring. Dit is presies hoe ons voel as ons na René de Lange se kunswerke kyk. Lees meer.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lys jou onderneming hier

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest