Leesvordering:

Tien wenke om jou reise ten volle te benut en geniet

Mei 16, 2023

Deur Walter Jackson

Ek het pas teruggekeer van ’n reis na Wes- en Noord-Afrika om lande soos Tsjad, Mauritanië en Burkina Faso te verken. My reise het my al na 170 lande geneem met my Suid-Afrikaanse paspoort, en ek hoop om die oorblywende 23 lande oor die volgende paar jaar te besoek. Ek het byna 20 jaar gelede begin reis toe ek met ’n twee jaar lange werkvakansie in Engeland was. Dit het nou ’n obsessie by my geword om vir Suid-Afrikaners te wys ons kan oral gaan, selfs met ons “groen mamba”.

Hier is my reiswenke om die meeste genot uit jou reise te put …

1. Begin tuis

Selfs nadat ek al so baie lande gesien het, glo ek steeds vas Suid-Afrika is die heel mooiste land. Maak seker jy besoek al die wonderlike plekke in Suid-Afrika. Hier is ’n video waar jy ons land se ongelooflike skoonheid kan bewonder.

2. Geniet elke nuwe land ten volle

Immigrasie maak vir jou ’n hele nuwe gebied oop om te verken. Begin klein en plaaslik en besoek nabygeleë besienswaardighede, feeste en markte. Dit sal jou ook help om in jou aangenome land aan te pas.

3. Te min geld?

Om met ’n klein begroting te reis, is ’n onderwerp op sy eie, en ek sal volgende keer iets daaroor skryf. Laat ek net dit sê: Jou begroting moet jou nie daarvan weerhou om die wêreld te verken nie. Ek reis dikwels per bus of te voet met ’n klein tentjie. Jy kan baie plekke sien met ’n baie beperkte begroting. Ek doen dit steeds en moet ekstra kreatief raak om dit vir my te laat werk.

4. Verleng jou sakereise

Terwyl ek in die Verenigde Koninkryk gewoon het, het ek die geleentheid gehad om baie na Europa te reis. Ek het elke moontlike geleentheid benut om nuwe roetes na kliënte te vind sodat ek nog meer plekke kon sien. Of ek het my verblyf tot die naweek verleng. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

5. Visumvry

Daar is 104 plekke wat jy in 2023 met jou Suid-Afrikaanse paspoort kan besoek sonder die moeite of koste van ’n lang, duur visum-aansoek. Jy kan die lys by dié skakel kry:

Ek gebruik ook Wikipedia se volledige lys lande wat gereeld bygewerk word. Jy kan dit hier kry.

6. Moenie net kyk nie; leer iets

Die manier waarop ’n mens reis, is baie subjektief. Baie mense geniet dit om net iewers heen te vlieg en ’n week in ’n oord deur te bring. Maar jy kan soveel meer uit jou reise put as jy tyd spandeer om die plaaslike gebruike te leer ken. Suid-Afrika is een van die jongste kulture ter wêreld. Ons nasie is ’n baba in vergelyking met lande soos China en Italië. Gaan besoek daardie tempel, moskee, museum en antieke ruïnes, en ontdek die eeueoue geskiedenis voor 1652.

7. Pak meer uitdagende reise ook aan

As om te reis vir jou nog iets nuuts is, is dit goed om te begin met plekke wat maklik is om te besoek. Maar die meer avontuurlustiges kan gerus my top 10 lande wat minder besoek word’ gaan besigtig: Suriname, Costa Rica, Hongkong, Mianmar, Nepal, Jordanië, Indonesië, Georgië, Japan en Marokko.

8. Pak min en reis lig. Glo my, doen dit net!

9. Wees beleefd en behou jou sin vir humor

Dit dra baie by tot ‘n aangename ervaring. Jou reise kan dikwels verskriklik skeefloop, maar dit sorg vir die beste stories! So, bly geduldig en vriendelik en jy sal dit oorleef.

10. Wees trots op jou land

Ek was nog nooit iewers waar Suid-Afrikaners met ’n negatiewe houding ontvang is nie. Wees trots op wie ons as ’n nasie is. Ons het baie om die wêreld te bied!

Lekker reis
Walter Jackson

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest