Leesvordering:

Twee HARDE realiteite van emigrasie na Australië

Okt 10, 2023

Met hierdie artikel fokus ek op nie-stinkryk afgetrede Suid-Afrikaners van 70 jaar en ouer uit die middelklas wat voldoen aan die Australiese vereistes om ’n Australiese permanente verblyfvisum te kan bekom omdat die meerderheid van hul kinders Australiese permanente verblyf of Australiese burgerskap het.

Alvorens jy ’n besluit neem tot emigrasie: Noem hardop die enkele uitstaande beweegrede waarom jy na Australië wil emigreer? Alternatiewelik, wat is die enkele beweegrede waarom jy nie uit Suid-Afrika wil emigreer nie? Neem ’n besluit om te gly of te bly en aanvaar dan hoe die gekose koekie gaan verkrummel. Die Homo sapiens se lewensduur is baie kortstondig. Maak vrede met die feit dat daar geen perfekte mens, leier, volk, nasie, Grondwet, Handves van Menseregte, regerende party, regeringsbestel, kerk, klimaat en Utopia op aarde is nie.

Afgetrede Suid-Afrikaners, permanent woonagtig in Australië, het twee HARDE realiteite om te bestuur: 1) Die onstabiele, voortdurende verswakkende ZAR/AUD-wisselkoers oor die langtermyn EN VEEL ERGER NOG, 2) die uiters hoë Australiese lewenskoste.

Sedert ek en my eggenote vyf jaar gelede na Australië geëmigreer het, het die koopkrag van die rand (na AUD omgeskakel) met 25% verswak! En daar is geen lig sigbaar aan die einde van die tonnel nie!

Australië het die afgelope 35 jaar ongekende ekonomiese opbloei beleef weens grootskaalse minerale uitvoere. Australiërs verdien omtrent drie tot vyf maal meer as hul Suid-Afrikaanse eweknie, appels met appels vergelyk. Huispryse en huishuur het hemelhoog gestyg en styg steeds. Australiese produkte en dienste is ten duurste wanneer jou hoofbron van inkomste in rande is. Besoek gerus aanlyn webwerwe van eiendomsagente en besluit dan self hoe vergelyk Australiese huispryse met Suid-Afrikaanse huispryse. Skokkend.

Laastens: behou jou Suid-Afrikaanse burgerskap maar fokus op die verkryging van dubbele burgerskap. Fokus op jou geloofslewe en die uitdra van jou waardestelsel. Behandel ander mense soos jy verwag hulle jou moet behandel (die goue reël van naasteliefde). Australië bied baie ruimte onder die Australiese son vir elk van sy setlaars, ook sy “Afrikaner Australian settlers”.

Heel laastens: Arnold Moll het ’n boek geskryf met die titel: Kinders groot maak is nie kinderspeletjies nie. Ek beplan om eendag ’n boek te skryf met die titel: Om permanent te emigreer, is nie vir sissies en groot bekke nie. Groetnis.

Skrywer: Johann Basson anders genoem Vrydenker Vlakvark

Foto: alex-wong -unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest