Leesvordering:

Uit en Tuis met Matthew Doms

Mar 29, 2018

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon en werk, of mense wat voorheen in die buiteland gewoon en gewerk het. Dié week gesels ons met Matthew Doms, wat in Noorweë woon.

Vertel ons meer van jouself en waar jy woon?

Ek het in Kaapstad grootgeword, maar woon nou in Voss, Wes-Noorweë. Ek is absoluut gek oor die buitelug en geniet daarom aktiwiteite soos skisport, valskermsweef, kunsvlieghengel en ek gaan ook begin jag.

Wat doen jy daar?

Ek werk as ’n ski-instrukteur in die winter, en ’n valskermsweefinstrukteur en tandemvlieënier in die somer. Ek is ook die stigter van Doms Biltong.

Was dit moeilik om in ’n ander land aan te pas?

Dit was nie vir my moeilik om aan te pas nie, want ek dink as ’n mens eers in Suid-Afrika gewoon het en aan soveel verskillende kulture en mense van verskillende agtergronde blootgestel is, is ’n mens maklik aanpasbaar. Ek het ook in ses ander lande gewoon en gewerk voordat ek in Noorweë nes geskop het.

Wat is die beste en slegste avonture wat jy al daar beleef het?

Een van my beste avonture was toe ek ’n wilde Atlantiese salm in ’n rivier naby my woning gevang het. Dit het omtrent 7 kg geweeg en sjoe, dit het lekker geproe! Nog ’n lekker avontuur was toe ek my valskermsweeftuig vir nagenoeg drie ure lank tydens ’n veldkompetisie gevlieg het en die taak van Voss na Gudvangen en terug voltooi het. Die uitsigte op die sneeubedekte berge, fjords en valleie doer onder was asemrowend om die minste te sê, terwyl die temperature onder -15°C gedaal het by hoogtes van omtrent 2 000 meter bo seespieël.

My slegste avontuur was sekerlik toe ek te veel geld betaal het vir ondergemiddelde kos.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Die mense, die weer en die kos.

Wat was die vreemdste ding om aan gewoond te raak in jou nuwe land?

Vir my was die moeilikste deel om in Noorweë te woon die lang, donker en koue herfs. Die temperature begin vanaf September onder vriespunt te daal en die dae word korter en korter. Dit voel ook asof dit ses uit sewe dae reën.

Wat geniet jy die meeste van Noorweë?

Die maklike toegang tot die natuur en die lae misdaadkoers.

Gaan jy na Suid-Afrika terugkeer?

Ek keer van tyd tot tyd terug na Suid-Afrika om vir familie te gaan kuier, maar vir eers is dit al.

Was dit maklik om jou voete daar te vind?

Ja, dit was betreklik maklik.
Is die lewenskoste nogal duur of min of meer dieselfde as in Suid-Afrika?

Die lewenskoste is die duurste ter wêreld.

Kry jy soms tyd om te reis? Indien wel, waarheen gaan jy?

Ek reis gereeld. Frankryk, Spanje, of waarookal ek valskermsweef of kunsvlieghengel kan beoefen.

Met ’n besige skedule soos joune, kry jy ooit tyd om te ontspan?

Ek beoefen sport om te ontspan.

Hoe lyk ’n tipiese dag in jou lewe?

My tipiese dag sluit die beoefening van een of ander sportsoort in, asook om biltong te maak en te verkoop.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest