Leesvordering:

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Nieu-Seeland

Jan 7, 2022

Uit & Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week het ons met Clarissa van Emmenes gesels in Nieu-Seeland.

  1. Waar woon jy en waarom juis daar?

Ons bly in Tauranga, ’n klein hawestad aan die tropiese (ja, jy lees reg) ooskus van Nieu-Seeland se Noord-eiland.

Ons het in 2016 hierheen verhuis. Ons wou albei graag ondervinding opdoen in die buiteland en het omtrent vir ’n jaar lank navorsing gedoen oor verskeie lande. Nieu-Seeland was bo-aan die lysie en Tauranga is waar my man toevallig werk gekry het in IT.

  1. Was dit ’n groot aanpassing?

Ongelooflik. Ons het deur die tipiese “wittebrood”-fase gegaan waar alles opwindend en nuut was en die realiteit van die skuif het eers so ná ses maande ingeskop. Dit was omtrent ’n konstante tuimeltrein van emosies tot ons eindelik begin voel het dat Nieu-Seeland “huis” is. Dit het omtrent eers gebeur in 2018 nadat ons eerste kind hier gebore is.

  1. Praat julle nog Afrikaans?

100%. Ons praat Afrikaans by die huis en het ’n Afrikaanse vriendekring. Die kinders praat Engels omdat hulle dit by die kleuterskool leer, maar verstaan Afrikaans en kan ’n paar woorde Afrikaans (met regte Kiwi-aksente) praat.

4. Daar is heelwat Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland. Kom julle soms bymekaar?

Daar is ongelooflik baie Suid-Afrikaners hier, en dit het omtrent verdriedubbel vandat ons hier gekom het (in Tauranga spesifiek). Ons kom nie bymekaar nie, maar ons het wel ’n Suid-Afrikaanse vriendekring wat ons toevallig deur werk ontmoet het.

  1. Wat was vir julle die vreemdste om aan gewoond te raak?

Die werkskultuur is absoluut anders en dit was baie moeilik om aan gewoond te raak. Vir ons was dit ook die absolute vertroue wat mense het in ander mense om die regte ding te doen – jy sal byvoorbeeld langs die pad “honesty boxes” sien met bv. vrugte en groente. ‘n Mens kan dan vir jou vat en dan los jy jou $2 of ’n ander bedrag in die boks.

Nog iets wat vreemd was, en dalk wat ek die meeste geniet, is die natuurskoon. Dit is ongelooflik en moeilik om in woorde te beskryf. Jy kan gaan branderplank ry of ’n berg klim in die oggend, gaan wyn proe in die middag en gaan ski in die aand. Dis ook dinge wat ons nog nooit ervaar of gesien het nie, soos grotte met gloeiwurms in, die blouste blou, wilde watervalle en geotermiese aktiwiteit.

  1. Is dit duur om daar te woon?

Ja, omdat Nieu-Seeland nie baie vervaardig nie en redelik ver geleë is, moet die meeste goed ingevoer word.

  1. Van waar in Suid-Afrika is jy en waarom het jy besluit om oorsee te gaan woon?

Ons is albei van Pretoria af en ons het nadat ons getroud is in 2014 besluit om navorsing te begin doen om moontlik oorsee te bly. Ons wou nie noodwendig emigreer nie, maar ons het op die ou einde besluit om sak en pak te trek. Dit was een van die beste besluite nog, alhoewel ons baie verlang na ons familie in Suid-Afrika.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest