Leesvordering:

Vyf geskiedkundige plekke wat mens in Suid-Afrika net móét sien

Jul 7, 2023

Deur Ilze Nieuwoudt

In elke land is daar die plekke wat toeriste op hulle lysies sit vir wanneer hulle ʼn land besoek wat hulle absoluut net móét sien. In Frankryk is dit sekerlik die Eiffel-toring en die Louvre-kunsmuseum en in Engeland dalk Big Ben en Buckingham-paleis. So moet jy eenvoudig ook minstens een sogenaamde Holocaust-museum in Europa besoek en een piramiede in Egipte om ʼn ware gevoel van ʼn land of streek se geskiedenis te kry. En in Suid-Afrika? Wel, as jy die werklik die “geskiedkundige” hart van Suid-Afrika wil vóél klop en wil weet waarom jou huis werklik hier is, is hier ʼn paar plekke waarby jy minstens een keer moet afdraai.

In elke land is daar die plekke wat toeriste op hulle lysies sit vir wanneer hulle ʼn land besoek wat hulle absoluut net móét sien. In Frankryk is dit sekerlik die Eiffel-toring en die Louvre-kunsmuseum en in Engeland dalk Big Ben en Buckingham-paleis. So moet jy eenvoudig ook minstens een sogenaamde Holocaust-museum in Europa besoek en een piramiede in Egipte om ʼn ware gevoel van ʼn land of streek se geskiedenis te kry. En in Suid-Afrika? Wel, as jy die werklik die “geskiedkundige” hart van Suid-Afrika wil vóél klop en wil weet waarom jou huis werklik hier is, is hier ʼn paar plekke waarby jy minstens een keer moet afdraai.

1. Slagvelde van die Vryheidsoorloë (soos Majuba en Magersfontein)

Hoewel daar in meeste gevalle nie veel oor is om by die slagvelde van die Vryheidsoorloë te sien nie, vertel die oop ruimtes telkens ʼn meer treffende storie as wat museums en boeke ooit sal kan. Deur net ʼn bietjie oor die slagte op te lees en jouself vooraf te vergewis van die omstandighede van die slagveld, ligging waar watter groepe hulleself bevind het, kry ʼn bykans barre terrein weer lewe.

2. Myndorpe (soos Cullinan en Kimberley)

Die rol wat mynbou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, kan eenvoudig nie ontken word nie. Om ʼn prentjie te vorm van diamantstormlope en goudkoors wat die wêreld in die middel-1800’s beetgepak het, sal ʼn besoek aan ou myndorpe soos Pelgrimsrus, Cullinan of Kimberley ʼn besondere belewenis wees.

Die myndorpie, Cullinan, oos van Pretoria, is ʼn unieke, “lewende” museumdorp.

3. Voortrekkermonumente (soos die Voortrekkermonument in Pretoria en Bloedrivier)

Die waagmoed en dappere optrede van die Voortrekkers word nêrens so prominent uitgebeeld as by die imposante Voortrekkermonument op die suidwestelike heuwels van Pretoria nie. Hoewel dit een van die gewildste geskiedkundige toeriste-aantreklikhede in die land is, is dit beslis nie die enigste plek waar die verhale van die Trekkers vertel word nie. Nóg ʼn bekende terrein is natuurlik die Bloedrivier-terrein in KwaZulu-Natal. Maak gerus ook ʼn draai by die kleiner monumente met groot stories. Dink maar aan die Vegkop-terrein buite Heilbron en die Moorddrif-monument buite Mokopane (Potgietersrus).

Die Voortrekkermonument in Pretoria. (Bron: www.fotoskool.co.za)

4. Konsentrasiekamp-terreine (soos dié by Irene, Bloemfontein, Bethulie en ander)

Waarskynlik die treffendste element van konsentrasiekampterreine (waarvan tientalle regoor Suid-Afrika te vinde is), is die naamlyste wat die sterftes aandui. Doen gerus navorsing om te bepaal of jou voorouers in enige van dié kampe van die Anglo-Boereoorlog aangehou is voordat jy kies watter een om te besoek. Die wete dat een van jou voorouers op dieselfde plek was, sal die besoek meer spesiaal en persoonlik maak.

Een van die grafte by die Vredefortweg-konsentrasiekampterrein tussen Sasolburg en Koppies in die Vrystaat.
Een van die grafte by die Vredefortweg-konsentrasiekampterrein tussen Sasolburg en Koppies in die Vrystaat.

5. Argitektoniese wonders (soos die ou, geskiedkundige kerke en Kerkplein)

Tientalle Suid-Afrikaanse dorpies het rondom kerke ontstaan wat die bymekaarkomplek van mense uit die uithoeke van die distrik geword het. Hoewel nie alle kerkgeboutjies die toets van die tyd deurstaan het nie, vertel dié wat behoue gebly het ʼn waardevolle verhaal in ons argitektoniese geskiedenis. Prominente historiese kerke sluit onder meer in die Groote Kerk in Kaapstad (die oudste NG-gemeente in die land) wat in 1841 opgerig is, die kerk van die NG-gemeente Graaff-Reinet wat in die laat-1880’s gebou is en die sogenaamde Kruger-kerk in Pretoria wat in 1879 in gebruik geneem is. Dan is daar natuurlik ook Kerkplein (waar daar lank gelede wel ʼn kerk was). Die Ou Raadsaal en die Paleis van Justisie (wat in onderskeidelik 1889 en 1897 gebou is), is maar net ʼn paar van die pragtige ou historiese geboue op dié plein in die hartjie van Pretoria.

Die Gereformeerde Kerk in Bronkhorstspruit spog met ʼn prentjiemooi, historiese kerkgebou.
Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest