Leesvordering:

Was jou voorvader in een van dié kampe? Vind só uit!

Okt 19, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Het jy al ooit gewonder of een van jou voorvaders dalk onder die 28 000 was wat gedurende die Anglo-Boereoorlog krygsgevange geneem is? Nou kan jy uitvind!

As deel van die Vasgevang!-projek bied AfriForum Uitgewers nou aan lesers die geleentheid om hul voorouers se betrokkenheid in die krygsgevangenekampe van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) na te spoor. Danksy die deeglike navorsing van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en ’n databasis van die sterftes van Boerekrygsgevangenes in die Suid-Afrikaanse kampe (opgestel deur AfriForum Uitgewers), kan jy nou jou voorvader en ander voorsate wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het, opsoek.

Soek jou voorouers op en vertel ons daarvan. Het jy enige interessante stories oor hul verblyf in die kampe? Deel dit ook gerus op dié platform.

Drie feite oor die Suid-Afrikaanse krygsgevangenekampe:

1.

Gevangenes is oorspronklik op skepe in die hawe by Simonstad aangehou en die eerste gevangenes is reeds in November 1899 hierheen gestuur.

2.

Die eerste kampe (op land) is in Groenpunt en Simonstad ingerig. Later het kampe ook in Ladysmith en Durban tot stand gekom.

3.

Nagenoeg 28 000 Boere is tydens die oorlog in dié kampe aangehou en die meeste van hulle is toe na die 31 buitelandse kampe gestuur.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest