Leesvordering:

Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids kry ‘n nuwe baadjie

Mar 9, 2017

Die gewilde webblad wat Suid-Afrikaners in die buiteland met gebeure in hul geboorteland geskakel hou, genaamd Wêreldwyd, gaan besoekers voortaan met ‘n afgestofte Wêreldgids ontwerp inwag.

“Wêreldwyd is ‘n inisiatief van AfriForum om nuus en inligting uit te ruil onder Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland woon en/of werk en kontak met Suid-Afrika wil hou, maar ons versamel en publiseer ook inligting op die blad wat vir elke Suid-Afrikaanse burger interessant is, en wat mense wat ʼn oorsese reis beplan van betroubare raad voorsien. Dit is eintlik in wese net ʼn lekker saamkuier-kuberruimte,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir die Suid-Afrikaanse diaspora.

“Die Wêreldgids is dié plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland trots Suid-Afrikaanse inkopies kan doen. Dit sluit onder meer biltong, Ouma-beskuit, tradisionele blatjang, hulp met finansiering, Suid-Afrikaanse prokureurs, besighede en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos voorsit in. Dié besighede maak met ons kontak, en ons plaas hul besonderhede gratis op die Wêreldgids,” het de Wet gesê.

Die gids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die vraag na ‘n meer verbruikersvriendelik en interaktiewe gids het gegroei en Suid-Afrikaners in die buiteland kan hul ondernemings self gratis in die Wêreldgids laat opneem.

Nou kan jy as eienaar van ‘n besigheid jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou besigheid verander en groei.

Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest