Leesvordering:

Kook en Geniet – nou ’n TV-Reeks!

Jul 26, 2017

Kook en Geniet is ’n ikoniese resepteboek – en nou het dié staatmaker sy eie kosprogram gekry! Lise Swart is die aanbieder wat saam met ’n verskeidenheid Suid-Afrikaners agter die kospotte inskuif om te hoor watter invloed dié boek op hulle lewens gehad het. Sy gesels onder andere met die dogters van mev. S.J.A. de Villiers, skrywer van dié kookboek, en ontmoet die uitgewers van die boek.

Kosredakteurs vertel hoe die resepte in Kook en Geniet opweeg teen die resepte in tydskrifte, en bloggers toets of die resepte vir moderne verbruikers geskik is. Lise klop ook by sjefs en spyseniers aan om te kyk hoe die resepte in Kook en Geniet hulself tot die professionele kosbedryf leen. Kook en Geniet is veral gewild onder pasgetroudes wat vir die eerste maal leer kosmaak, en in die reeks waag twee sulke vroue hul hand aan sommige van die resepte. Kinderkokke maak ook ’n draai om hul vaardigheid te kom wys met resepte uit Klein Kook en Geniet, terwyl ’n eetklub ’n hele maaltyd uit Suid-Afrika se gunstelingkookboek voor. Twee resepteboekskrywers en lede van die Vrouelandbouvereniging wys ook hul staal in die kombuis met resepte uit Kook en Geniet: Soet suurdeegbrood, appelkooskonfyt, lamsboud en broodpoeding was nog nooit so lekker nie! Uiteindelik woon ons ook ’n deftige teepartytjie by wat deur die ACVV op Franschhoek vir bejaardes op die dorp voorberei word. In die laaste episode wys Lise sélf hoe haar kookkuns met die hulp van Kook en Geniet verbeter het deur vir mense na aan haar hart ’n maaltyd voor te berei. Hierdie reeks sal jou mond laat water en jou lekker lus maak om self jou hand aan heerlike Suid-Afrikaanse kontreikos te waag. Teken in op Showmax as jy wil aansit vir watertand kosprogramme soos Kook en Geniet, net wanneer en waar jy wil.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest