Kuier in Dubai 5

#Kuierindubai5 IS MA-MOEWIES GROOT EN JY KAN SAAM KOM KUIER!

Datum:  19 Mei 2017
Tyd:       Deure: 18:00     Vertoning : 19:30
Plek:      ZINC-Crowne Plaza Hotel, Sheikh Zayedweg, Dubai

Vertoning is drie ure lank, waarna die Weiveld-manne met DJ Wesley die dak gaan lig.

Daar is voorsiening vir Suid-Afrikaans verversings teen goeie tariewe gemaak.
Die ouderdomsbeperking is weens drank in die fasiliteit op 21 jaar vasgemaak.

Kleredrag: Geen plakkies, ooptoonskoene, onderhemde of kortbroeke nie.
Kaartjies is slegs vooraf beskikbaar – geen kaartjies sal by die deur te koop wees nie.
Besoek gerus www.kuierdubai.com
E-pos: dewald@kuierdubai.com
Tel: +971 50 100 5610
Beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar!

Gewone staanplekke: AED220 per person
4-stiplektafel: AED1120 (280 per person)
6-sitplektafel: AED1680 (280 per person)
BBP B-tipe: AED320 per persoon (slegs groepe van 10 persone)
BBP A-tipe: 345 per persoon (slegs groepe van 10 persone)
BBBP: AED850 per persoon (kante van die verhoog)
Besoek die webtuiste http://www.kuierdubai.com/ vir meer inligting oor kaartjies

Parkering: Gebruik asseblief openbare vervoer as jy beplan om te drink; andersins kan jy agter die hotel by “Self Parking” parkeer as jy ’n veilige bestuurder is – indien nie, gaan die valet-koste jou ’n hoop geld uit die sak jag.