Leesvordering:

300 Kersvaders in Guangzhou, China

Des 6, 2022

Terwyl die begin van Desember ʼn vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ʼn see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het dié week met Francois Bodenstein gesels om te hoor hoe hulle Kersfees vier in Guangzhou, China.

Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies in Guangzhou, China?

Elke jaar, so twee weke voor Kersdag, trek so 300 van ons ekspats soos Kersvaders aan, dan klim ons in busse en stop by verskillende kroeë en restaurante in ons stad. Dit is nogal ʼn belewenis.

Geniet julle steeds ʼn tradisionele Suid-Afrikaanse feesmaal of probeer julle nuwe disse?

Ja, ons geniet nog steeds ʼn tradisioneel Suid-Afrikaanse feesmaal. Ons is gewoonlik so ʼn paar gesinne wat elkeen sy gunstelingdis na die Kersgeleentheid toe bring, en as daar iemand van ʼn ander land is, bring hulle ʼn dis van hulle land ook saam. Daar was eenkeer ʼn Rus wat vir ons glühwein gemaak het, en dis iets wat ons nie gewoonlik in Suid-Afrika sal drink nie.

Jy woon in ʼn land waar daar maar min Christene is. Watse planne maak jy om die dag te vier?

Ja, ons hou skool in China en hulle vier glad nie Kersfees hier nie. Net sommige internasionale skole gee hul onderwysers die dag af om Kersfees te vier. Die Suid-Afrikaners wat nie by internasionale skole werk nie moet verlof neem vir die dag om Kersfees te vier.

Alhoewel China nie Kersfees vier nie, gebruik hulle nog steeds Kersbome en Kersvaders om hul besighede en produkte te bemark. China vervaardig die meeste Kersversierings in die wêreld.

Hou jy by die ou, tradisionele vieringe of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Ons vier dit op ou, tradisionele maniere behalwe dat ons dit nie saam met familie vier nie maar saam met ons Suid-Afrikaanse “familie” in Guangzhou. Ons kom bymekaar, iemand lees vir ons uit die Bybel en bid, en dan geniet ons saam lekker tradisioneel Suid-Afrikaanse disse. Na die tyd maak ons geskenke oop en geniet die dag saam.

LEES OOK: Kersfees in Sjanghai

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest