Leesvordering:

Kersfees in Sjanghai

Des 8, 2022

Terwyl die begin van Desember ʼn vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ʼn see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het dié week met Ilsé Malherbe gesels om te hoor hoe sy Kersfees in Sjanghai vier.

Kersfees is vir my sinoniem met familie, gelukkige kinders en opgewondenheid.

Vir 26 jaar het ek elke liewe Kersfees saam met my familie gevier: Liggies gaan kyk in die strate; Emperors Palace se Garden of Lights; elke rooi en groen ding aangetrek wat ek besit; ʼn enorme ete of braai; en Kersfeesklappers en natuurlik die ikoniese Kersfeespapierkroon.

Maar die laaste twee jaar was dinge anders. Kersfees was anders. Geen familie, geen klappers, geen tradisie nie. Vir dié meisie wat twee keer ʼn jaar wil Kersfees hou en obsessief is oor Kersfees-truie is en was dit baie moeilik.

Dan ontmoet jy engele langs die pad wat jy vriende noem. Vriende wat ook nie hulle tradisionele Kersfees gaan hê nie. Vriende wat die alleenheid en verlange ken en verstaan. Vriende wat familie word. En só maak ons hierdie moeilike dae spesiaal vir mekaar.

Sjanghai gaan definitief groot met Kersfees: Die strate is vol liggies, massiewe Kersbome om elke hoek en draai, Kersfeesvertonings en ʼn Kersfeesmark elke naweek, glühwein in elke restaurant.

Laasjaar se Kersfees was soos iets uit ʼn fliek: ʼn kersliggieseremonie en Krismisbed deur een van my beste vriende. Xander het gesorg vir ʼn feestelike Oukersaand. ʼn Braai by oom Paul se huis met meer as genoeg kos vir die hele Sjanghai het ons almal laat tuis voel.

Vanjaar het ek vir die eerste keer ʼn regte, egte Kersboom en ek dra elke Vrydag ʼn ander Kersfeesuitrusting. Ons gaan Kersfees by die see vier saam met vriende wat familie geword het: son, see en sand, en ʼn buffetete by ʼndeftige restaurant.

ʼn Video-oproep Suid-Afrika toe en ʼn boks vol geskenke in die pos sal maar moet doen dié keer.

LEES OOK: 300 Kersvaders in Guangzhou, China

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest