Leesvordering:

Natuurhoekie – Plantsmokkelaars

Jun 2, 2023

Deur Alana Bailey

Onlangs het nuusberigte opnuut die aandag gevestig op die groeiende smokkelbedryf van inheemse plante.

’n Verstommende 20 000 plantspesies word in Suid-Afrika aangetref. Dit verteenwoordig sowat 10% van alle plante op aarde. Sindikate wat plante stroop en daarmee smokkel, neem nou letterlik rooi datalyste van plantsoorte wat in die land aangetref word, gaan soek daarna en stroop dit om dit in die buiteland aan versamelaars te verkoop.

Wanneer die misdadigers met plante in hulle besig vasgetrek word, word die plantjies deur die owerhede aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) oorhandig om dit te probeer red. Personeel van Sanbi vertel dat hulle oorweldig word deur veral duisende teruggeneemde vetplante wat hulle so kry en in hulle kweekhuise moet probeer huisves. Helaas kan alle plantjies nie gered word nie. Sommige kom uit streke met unieke klimaatsomstandighede wat moeilik elders nageboots kan word, of is so hardhandig uit die grond verwyder, dat dit onherstelbaar beskadig is. Sanbi probeer hulle bes om te red wat dit kan.

Die vervolging van plantsmokkelaars neem ook toe, met 96 wat gearresteer en 36 sake wat in 2022 in plaaslike howe aangehoor is. Volgens ’n berig van Netwerk24 is drie burgers van die Verenigde Arabiese Emirate aan die einde van 2022 elk ’n boete van R1 miljoen opgelê in verband met plantsmokkelary. Strawwe is dus baie streng, maar skrik nie die oortreders af nie.

Kopers van skaars plante moet uiters versigtig wees om nie hierdie misdadige bedryf te ondersteun nie. Dit is beter om altyd moeite te doen om vas te stel waar die plantjies vandaan kom, voordat jy jou ook onwetend aan ’n misdaad skuldig maak.

Van ons plantrykdom gepraat, die Afrikaanse name van ons floraskatte betower ’n mens altyd. Dink maar aan vetmensie, perdetande, oumansbaard, hasiekos, beestong, knoppiesbeestong, wolftoon, bergklokkies, bababoudjies, vingerpol, meelplakkies, sonwyserblom, asemsnak-malva, skoonma se kussing, skoonma se tong, naaldebossie, bobbejaanstert, skilpadvoetjie, botterboom, dobbelsteentjie, skaaptongetjie, gansmis en halfmens.

Hopelik sal die smokkelary nie tot gevolg hê dat ons nageslag eendag net in boeke van hierdie kosbare plantjies lees nie.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest