Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Unyoke

Jul 11, 2023

Dié week val die kollig op Unyoke in Nederland.

Unyoke is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer, te ondersteun.

Lees meer oor Unyoke.

Ek is Sharon, ’n professioneel gesertifiseerde meesterorganiseerder (‟Certified Master Professional Organizer®”). Ek is ’n Suid-Afrikaner wat in Nederland woon. Ek is as wetenskaplike opgelei en het sewe jaar in die analitiese en farmaseutiese bedryf gewerk. Toe ek ma word, het ek ’n rukkie afgevat om saam met my seuns by die huis te bly. In 2019 het ons na Nederland verhuis. Die ervaring om saam met my man en seuns na ’n nuwe land te trek, was uitdagend maar ook baie verrykend. In dié tyd het ek my passie vir die organisering en optimalisering van ruimtes ontdek. Ek glo ’n georganiseerde ruimte verhoog doeltreffendheid, fokus en produktiwiteit. Ek het Unyoke begin, want ek glo as jy jou omgewing beheer en organiseer, help dit jou om ontslae te raak van die frustrasie en vermorsing van tyd wat rommel en wanorde veroorsaak.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle manier om jou ondersteuningstelsel uit te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, ’n kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Unyoke

Klik hier om Unyoke se webtuiste te besoek.

Klik hier om Unyoke op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest