Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Belinda’s Kitchen

Okt 25, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die bak- en spysenieringsbedryf. Belinda’s Kitchen bring eg Suid-Afrikaanse gebak na Leicester, Engeland.

Belinda’s Kitchen is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Belinda’s Kitchen:

Gebak met liefde

My liefde vir bak het al op ’n baie jong ouderdom begin. Vir so lank as wat ek kan onthou, was die kombuis vir my die opwindendste (en lekkerste) plek om te wees. Ek het altyd vir vriende en familie gebak en hulle het my aangemoedig om my eie onderneming te begin. Daar is niks soeter as om mense gelukkig te maak met my heerlike gebakte lekkernye nie.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Belinda’s Kitchen

Klik hier om Belinda’s Kitchen se webtuiste te besoek.

Klik hier om Belinda’s Kitchen op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest