Leesvordering:

Appèlhof keur desperate DIRCO-aansoek teen Kuba-skenking interdik met koste af

Okt 24, 2023

Die Hoogste Hof van Appèl het vandag die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) se desperate poging om te appelleer teen ’n interdik wat deur AfriForum verkry is om hul beplande skenking van R50 miljoen aan Kuba te stop, met koste van die hand gewys. Dit is een van verskeie paniekbevange pogings wat die departement sedert 2022 aangewend het om teen AfriForum se interdik te appelleer.

AfriForum het op 22 Maart 2022 ’n dringende interdik bekom wat die departement verhoed om ’n skenking van miljoene rande aan Kuba met Suid-Afrikaanse belastinggeld te maak, hangende ’n hersieningsaansoek van die besluit om die skenking heeltemal te staak. DIRCO het by die Hooggeregshof, Hoogste Hof van Appèl en Konstitusionele Hof geappelleer. Al drie dié aansoeke is van die hand gewys, met koste wat aan AfriForum toegeken is omdat daar geen redelike vooruitsig op sukses is nie. Die hersiening van die besluit om die skenking te maak is op 15 Mei 2023 aangehoor. AfriForum wag tans op die uitspraak en is optimisties oor die kanse op sukses.

Charné Mostert, veldtogbeampte by AfriForum sê die organisasie is bly dat die hof die departement se veelvuldige desperate pogings om teen AfriForum se interdik te appelleer, van die hand gewys het. “Dit is kommerwekkend dat die departement by elke hof in Suid-Afrika teen die interdik geappelleer het. Dit demonstreer duidelik DIRCO se desperate vasberadenheid om belastingbetalersgeld aan hul vriende te skenk en hul meedoënlose strewe na enige poging om dit te bereik,” sê Mostert.

“Naledi Pandor wat die feit betreur dat AfriForum haar gedwing het om hierdie geld, wat vir Kuba geoormerk is, moet aanwend om werklik te help om arm mense in haar eie land te help, spreek boekdele. Sorg eers vir jou eie armoede-geteisterde land voordat jy probeer om geld wat jou regering nie het nie te skenk aan jou vriende. Die hofuitspraak handhaaf fiskale verantwoordelikheid en die aanwending van hulpbronne om armoede in Suid-Afrika te verlig. AfriForum staan ​​onwrikbaar in die teenstand van verregaande en verkwistende uitgawes deur die regering. As minister Pandor so desperaat is om Kuba te help, kan sy dit uit haar eie sak doen,” sluit Mostert af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest