Leesvordering:

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Des 10, 2023

Deur Marni Wolmarans

Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het met Marni Wolmarans gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Perth, Australië vier.

Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies?

Kersfees in Australië is nie veel anders as ’n Kersfees in Suid-Afrika nie, behalwe vir die mense wat bietjie “groter” gaan met versierings, ens. as waaraan ons gewoond was in Suid-Afrika.

Hou jy by die ou tradisionele vieringe of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Ons slaan gewoonlik die Kersboom en Kersversierings 25 November op, presies ’n maand voor Kersfees. Ons het laasjaar die eerste Friendsmis gedoen en die jaar doen ons dit weer, dus ’n nuwe instelling. Omrede jy nie eintlik familie naby het nie (in die meeste gevalle), word jou vriende soos familie en vier jy dus groot dae soos Kersfees saam met hulle. Ons Friendsmis hou ons so middel Desember voor almal dalk op vakansie gaan, in SA gaan kuier, ens. Kersdag gaan ons kerk toe en spandeer die dag saam met ons naaste vriende. Friendsmis is ’n wonderlike tradisie wat ons begin het en almal geniet dit so, veral die kinders met die klomp maatjies wat saam speel en swem (dankie tog vir die Suidelike Halfrond se somers). Dit gee daardie gevoel van gemeenskap en ons almal is daar vir mekaar, sement net weer die wete!

Geniet jy steeds ’n tradisionele Suid-Afrikaanse feesmaal of probeer jy nuwe disse?

Vir Friendsmis die jaar gaan ons ’n lam spitbraai met al die tipiese meegaande disse en vir Kersdag gaan ons slaaie en vleise eet, soos toe ek grootgeword het en baie van ons vriende ook, so ek glo dis ’n tipiese Kersdagmaal.

Is daar die mooiste Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?

Ons is bevoorreg om Perth toe te kan gaan en die wonderlikste liggieskouspel te aanskou. Dit word geborg deur een van die grootste maatskappye in Wes-Australië en dis ongelooflik mooi. Dit is ’n hele roete wat jy stap en volg op ’n toepassing op jou foon – daar word soveel moeite ingesit om dit spesiaal te maak. Buiten vir dit is daar oral om ons huise met mooi versierings en liggies te sien.

Hoe hou julle kontak met familie wat ver is?

Ongelukkig bestaan Kersfees uit video-oproepe en word dit gewoonlik op Kersdag gedoen. Dit is werklik die enigste wyse waarop mense meer persoonlik kan kommunikeer met familie en vriende wat ver is. Tensy jy natuurlik gaan kuier in SA.

Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige Kersvieringe.

Ons eerste Kersfees in Australië was maar ’n eensame een, spesiaal, maar die gemis van dit waaraan jy gewoond is, het nogal ’n impak gemaak. Ons tweede Kersfees kon ons spandeer saam met vriende en dit was heerlik. Hierdie jaar doen ons dieselfde en ons vriendegroep het so mooi gegroei dat dit regtig soos ’n lekker groot familie bymekaar voel.

Kersfees is gewoonlik die tyd waar immigrasie die grootste impak het op jou emosies en geesteswelstand. Indien jy vir jou ’n gemeenskap kan vestig met “like-minded” mense is jy driekwart oor die grootste hekkie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest