Leesvordering:

Kersfees in Nederland

Des 10, 2023

Deur Jorietha Rabie

In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.

Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg op Kersfees sou gee, eerder tydens Sinterklaasfees te gee. Op Kersdag gee ons net ’n klein geskenkie wat in jou Kerskous pas, en ons fokus op die ware betekenis van Kersfees en geniet die tyd saam met mekaar.

Die verlange na ons familie en vriende wat nie by ons kan wees nie, is iets wat ek nie kan verduidelik nie. Veral as ek sien hoe almal saam Kersfees vier met oumas en oupas, dan verlang ek daarna om saam met hulle aan ’n groot kombuistafel te sit en te kuier in die hitte (en die donker) van Suid-Afrika.

Om so ver van my mense te wees, is een van die moeilikste dinge ooit, maar ek is ongelooflik dankbaar vir die vriende wat ek hier in Nederland gemaak het en dat ons hierdie spesiale tyd met hulle kan deel.

Ons het ’n groot groep vriende hier wat ook van Suid-Afrika af kom, en vir mekaar is ons soos familie. Ons geniet steeds saam ’n tradisionele Suid-Afrikaanse feesmaal hier in Nederland. Ons skuif meubels weg in ons klein huisies, almal bring nie net kos nie, maar ook stoele en tafels. Ons probeer kyk hoeveel van ons “Nederlandse familie” in die huisies kan pas. 

Kerstyd in Nederland is ongelooflik mooi. Daar is reg oor Europa liggies en Kersmarkte waar jy buite kan ysskaats en glühwein kan geniet. Ons probeer ten minste een of twee van hierdie markte met ons vriende besoek. Ons trek warm aan en maak ’n hele dag of naweek daarvan.

Al die winkels is toe op Kersdag, en jou Nederlandse bure bring Kerskaartjies vir jou. Mense sit die kaartjies op die kaggel in die sitkamer of span ’n toutjie in die sitkamer waaraan hulle al die kaartjies hang. Dit is vir my mooi om te sien hoe belangrik ’n kaartjie vir die Nederlanders is en dat hulle nie omgee oor duur geskenke nie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest