Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Oorsee.com

Des 13, 2023

Hierdie week se kollig is op Oorsee.com. Oorsee.com is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Oorsee.com

Oorsee.com is ’n toep wat geskep is om Suid-Afrikaners in die buiteland te ondersteun deur hulle die geleentheid te bied om vriendskappe te smee met mede-Suid-Afrikaners wat in dieselfde omgewing woon. Die waarheid is, jy sal nie met almal in Suid-Afrika vriende wees nie en dis hoekom Oorsee.com ook families met gelyksoortige belangstellings na mekaar verwys, wat verseker dat jou vriendskappe langdurig sal wees, waar vriende eintlik soos familie voel.

Verder bied Oorsee ’n verskeidenheid ondersteuningsgroepe waarby jy betrokke kan raak. Of jy nou op soek is na advies of bereid is om ’n helpende hand te bied deur meubels, verblyf, vervoer of net selfs raad te gee, hier is vir jou ’n geleentheid om ander te ondersteun. Ons streef daarna om ’n betekenisvolle rol te speel deur hulpbronne en ondersteuning aan te bied, sodat ander Suid-Afrikaners in die buiteland makliker die uitdagings van ’n nuwe lewe kan hanteer.

Dit maak nie saak in watter land jy jouself bevind nie. Oorsee het groepe vir die meeste lande in die wêreld, en as jy nie een sien vir jou land nie, het jy die geleentheid in die toep om een te skep en jou vriende en familie daarna toe uit te nooi.

Oorsee bevat ’n magdom inligting van Suid-Afrikaners reg oor die wêreld. Gaan loer gerus na hulle avonture en kyk hoe dinge aan die ander kant van die draad lyk.

Ons glo vas dat Suid-Afrika nie net ’n land is nie; dit is ook die mense. Dit maak nie saak waar ons onsself bevind nie – solank ons mekaar ondersteun, daar vir mekaar kan wees, en nooit vergeet waar ons vandaan kom nie.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Oorsee.com

Klik hier om Oorsee.com se webtuiste te besoek.
Klik hier vir Oorsee.com op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest