Leesvordering:

Natuurhoekie – Sebras

Feb 1, 2024

AfriForum se hoofkantoor is geleë naby verskeie natuurbewaringsgebiede waar sebras aangetref word. Ons is dus gelukkig genoeg om nou en dan hierdie diere op ’n gewone werksdag te sien!

In die pioniersjare in Suider-Afrika het die Zeederberg Poskoetsmaatskappy (wat in 1887 gestig is) selfs probeer om hulle te leer om koetse te trek. Die rede hiervoor was dat diere soos perde, muile en osse besonder vatbaar vir veesiektes is en die Zeederberg-broers geglo het dat die sebras immuun teen die peste en plae sou wees. Ongelukkig het die eksperiment nie gewerk nie – die sebras was eenvoudig te wild.

Vyftien interessante feite oor sebras:

  1. Daar is 11 sebraspesies en -subspesies. Hierdie artikel bied ’n mooi uiteensetting en van die onderskeid tussen hulle, asook duidelike foto’s (https://wildlifeinformer.com/types-of-zebras/).
  2. Elke sebra se streeppatrone is uniek en dit kan gebruik word om individuele diere van mekaar te onderskei.
  3. In 2019 is ’n vulletjie in Kenia se Masai Mara Natuurreservaat gebore wat kolle in plaas van strepe het. Die vul is Tira genoem en is tot in 2021 gesien. Meer onlangse inligting oor hom kon nie deur ons gevind word nie.
  4. Sebras se velle is grys-swart, met wit en swart of bruin hare wat die strepe vorm.
  5. Die strepe kamoefleer hulle, beskerm hulle teen die son en hou goggas weg.
  6. Hulle is van die min diere wat tussen kleure kan onderskei. Hulle kan skynbaar alle kleure, buiten oranje sien.
  7. Hulle kommunikeer met geluide en reuk, maar ook met gesigsuitdrukkings en die houding van hulle ore.
  8. Hulle wei saam in familiegroepe wat tot uit 1 000 diere kan bestaan.
  9. Soos hulle nabye verwante, perde, word hulle hingste, merries en vulletjies genoem.
  10. Hulle kan skop met ’n inpak van meer as 1 300 kilogram – dit is hard genoeg om ’n volwasse leeu met ’n enkele skop te dood.
  11. Hulle staan en slaap gewoonlik.
  12. Hulle topspoed is sowat 65 kilometer per uur.
  13. Vulletjies kan binne 15 minute na geboorte al loop.
  14. Bergsebras se hoewe is gepunt. Dit help hulle om te kan klim teen steil bergwande.
  15. Hulle kan droogtetye goed hanteer. As water skaars is, kan hulle oorleef deur so min as een keer in vyf dae water te drink.

Was jy onlangs op ’n buitelug-ekskursie in die buiteland? Deel jou staaltjies met ons in die kommentaar en stuur vir ons ‘n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za met jou mooiste natuurfoto’s. AfriForum Wêreldwyd ontdek graag saam hoe die natuurlewe lyk in alle uithoeke van die wêreld.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest