Leesvordering:

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Mar 27, 2024

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek om
jou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer die
grootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in Pretoria
plaasvind.

Riana Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Corlea, Dodo Nyoka, Ruhan du Toit, Die
Piesangskille, Brendan Peyper, Ricus Nel, Appel, Riaan Benade, Chris Steyn, Bok van Blerk en
Demi Lee Moore gaan die jaar op die verhoog te sien wees. Natuurlik kan konsertgangers ook
’n hele paar verrassings verwag.

“Ons is werklik opgewonde om vir die 11de keer konsert te hou. Afrikaans is Groot het so te sê
’n moetsien produksie geword,” het Johan C Venter, handelsmerkbestuurder van Coleske
Groep gesê.

’n Ekstra bonus vanjaar is die nuus van ’n splinternuwe borg. In samewerking met die
reisagentskap World Leisure Holidays gaan nege kaartjiekopers die kans staan om ’n vyfster
vakansie vir twee persone na Mauritius te wen.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse
musiekkonsertreeks. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender en die grootste
Afrikaanse konsert in die wêreld, waarmee ons onsself graag vereenselwig,” het Elaine Durr,
bedryfsdirekteur van World Leisure Holidays gesê.

Die prys sluit in ’n sewedag-vakansie vir twee in Mauritius, hotelverblyf wat twee etes per dag
insluit en vervoer van die lughawe na die hotel en terug.

“Mauritius is ’n heerlike plek om vakansie te hou en te ontspan. Dit is werklik vir ons ’n
wonderlike voorreg om saam met World Leisure Holidays, ons nuwe borg, nege paartjies wat
AiG gaan bywoon met ’n vyfster vakansie vir hulle lojaliteit te kan bederf,” het Arnold Coleske,
besturende direkteur van Coleske Groep gesê.


Terme en voorwaardes geld en kan gevind word by www.coleskeartistmanagement.com.

Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2024 is nóú beskikbaar by www.afrikaansisgroot.co.za en wissel
tussen R295 en R895.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest