Leesvordering:

Meervoudige burgerskappe – Wat jy moet weet

Feb 25, 2016

Globalisering veroorsaak dat mense al meer migreer en uiteindelik ook vir al meer burgerskappe in aanmerking kom.  Sommige lande is baie streng oor die toelaatbaarheid van meer burgerskappe wanneer dit hulle burgers aangaan, byvoorbeeld Zimbabwe en Duitsland (omtrent twee uiteenlopende twee pole op die skaal van demokrasie).

Suid-Afrika laat meerdere burgerskappe toe.  Mense kwalifiseer byvoorbeeld vir Suid-Afrikaanse burgerskap op grond van herkoms, geboorte (nie onder alle omstandighede nie, die status van die ouers speel ‘n deurslaggewende rol) en naturalisasie.  Wanneer ‘n Suid-Afrikaanse burger ‘n ander land se burgerskap wil aanvaar, is dit noodsaaklik dat hy / sy eers om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap moet aansoek doen en sodanige toestemming om behoud moet ontvang, voordat om die ander burgerskap aansoek gedoen word.  As die toestemming nie eers ontvang word nie, mag so ‘n Suid-Afrikaner sy / haar Suid-Afrikaanse burgerskap verloor.

Uitgerekte argumente word hieroor gevoer, organisasies dreig met regsoptrede en probeer bewys dat Suid-Afrikaanse burgerskapwetgewing in die verband ongrondwetlik is, maar terwyl geen toetssaak hieroor nog in die howe was nie, bly die wetgewing van krag en moet Suid-Afrikaners dit in gedagte hou as hulle nie hulle Suid-Afrikaanse burgerskap wil verloor nie.

‘n Verdere vereiste wat geld, is dat ‘n burger van Suid-Afrika wat meerdere burgerskappe het, altyd moet sorg dat sy / haar Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly, en wanneer na Suid-Afrika gereis word, moet die Suid-Afrikaanse paspoort sonder uitsondering gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en die land weer te verlaat.

Navrae oor burgerskapkwessies kan enige tyd aan Wêreldwyd gestuur word by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest