Leesvordering:

Werk in die buiteland: Wat is die belastingreëls?

Feb 25, 2016

Die algemene reël is dat enige inkomste wat ‘n Suid-Afrikaanse burger in ‘n belastingjaar ontvang of toeval vir dienste wat hy/sy buite Suid-Afrika gelewer het, vrygestel is van werknemersbelasting mits dit aan die volgende kriteria voldoen:

Bemanningslid van ‘n skip

Enige vergoeding wat ‘n Suid-Afrikaanse burger verdien as ‘n offisier of bemanningslid van ‘n skip is vrygestel van werknemersbelasting as die dienste buite Suid-Afrika gelewer word vir ʼn tydperk van meer as 183 volle dae gedurende die jaar en as die skip betrokke is by:

  • die internasionale vervoer van passasiers of goedere teen vergoeding; of
  • prospektering (insluitend opnames en ander ondersoeke) vir, of die ontginning van, enige minerale (insluitend natuurlike olies) uit die seebodem buite die vastelandsplat van Suid-Afrika.

Dienste buite Suid-Afrika gelewer

Vergoeding wat ‘n Suid-Afrikaanse burger ontvang of toeval vir dienste wat hy/sy buite Suid-Afrika gelewer het, is vrygestel van werknemersbelasting:

  • indien die dienste gelewer is vir of namens enige Suid-Afrikaanse of buitelandse werkgewer;
  • indien die tydperk, of tydperke, waartydens die diens gelewer is in totaal 183 volle dae oorskry gedurende enige tydperk van 12 maande, beginnende of eindigende gedurende daardie jaar van aanslag; en
  • indien hy/sy buite die land is vir ‘n aaneenlopende tydperk van meer as 60 volle dae gedurende daardie tydperk van 12 maande.

‘n Inwonende werknemer is buite Suid-Afrika indien hy/sy deur Suid-Afrika onderweg is tussen twee ander lande en hy/sy Suid-Afrika nie formeel deur ‘n hawe van binnekoms binnekom nie.

Hierdie vrystelling is nie van toepassing op direkteure, ander ampsdraers van maatskappye of persone wat in diens is van die provinsiale of nasionale regering nie.

Kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) met jou belastingnavrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest