Leesvordering:

Praag – Ronel van Zyl

Jul 22, 2016

Praag is die hoofstad en grootste stad van die Tsjeggiese Republiek. Dit is die 14de grootste stad in die Europese Unie. Dit is ook die historiese hoofstad van Boheme.

Praag is ‘n politieke, kulturele en ekonomiese sentrum in Sentraal-Europa wat oor die 1 100 jaar van sy bestaan saam met sy lotgevalle gegroei en gekwyn het. Sedert sy ontstaan in die Romeinse tyd het Praag gefloreer in die Gotiese, Renaissance- en Barok-tydperk. Praag was nie net die hoofstad van die Tsjeggiese staat nie, maar ook die setel van twee Heilige Romeinse keisers en dus ook die hoofstad van die Heilige Romeinse Ryk. Dit was ʼn belangrike stad vir die Habsburgse monargie en sy Oostenryk-Hongaarse Ryk en ná die Eerste Wêreldoorlog het dit die hoofstad van Tsjeggo-Slowakye geword.

Praag is die tuiste van ‘n aantal bekende kultuur-besienswaardighede wat die geweld en vernietiging van 20ste-eeuse Europa oorleef het. Die belangrikstes sluit in die Praagse Kasteel, die Charles-brug, die ou stadsplein met die Praagse astronomiese klok, die Jodebuurt, Petrin-heuwel en Vyšehrad. Sedert 1992 is die uitgebreide historiese middestad van Praag een van Unesco se Wêrelderfenisgebiede.

Die stad spog met meer as tien groot museums asook talle teaters, galerye, bioskope en ander historiese uitstallings. Die stad het ‘n uitgebreide, moderne openbarevervoerstelsel. Dit is ook die tuiste van die Charles Universiteit, die oudste universiteit in Sentraal-Europa.” (Wikipedia – vertaal)

Die reisgogga het my nog altyd gebyt. In 1997 het ek die geleentheid gehad om as 29-jarige vir vyf weke op my eie met ‘n rugsak deur Europa te toer. Een van die eerste plekke wat ek op daardie toer besoek het, was ‘n week in Praag. Van toe af lê Praag my baie na aan die hart en is dit vir my die heel mooiste stad in die wêreld. In Junie het ons vir vier dae Praag toe gegaan om vriende te besoek en dit het my oortuiging bevestig.

Praag se geskiedenis en hoe alles so onberispelik gehou word, verstom ‘n mens.

Hier is ‘n paar van my gunstelinge:

  • Om die eerste biblioteke ter wêreld te besoek
  • Om in die oudste sinagoge wat nog in gebruik is, te sit
  • Die straatmusikante
  • Die opvallendheid van die Praagse Kasteel
  • Die ou stadsplein en die astronomiese klok
  • Om langs die Strahov-klooster te bly en die klokke te hoor
  • Die Vltava-rivier en die Charles-brug
  • Stad met honderd kerktorings
  • Stad van groot musikante

As jy ooit die geleentheid kry om Praag te besoek, gryp dit met albei hande aan!

Ek wil graag nog baie oor Praag skryf, so hou my blog dop.

Ronel van Zyl

Fotografie – Ronel van Zyl
(My foto’s – Anton van Zyl)
BLOG ‑ http://ronelvanzyl.blogspot.co.uk/

 

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest