Leesvordering:

Spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram

Feb 23, 2017

Op 26 Oktober 2016 het Pravin Gordhan, minister van finansies, die Tariewe en Monetêre Bedrae en Wysiging van Wetsontwerp op Inkomstewette, Wetsontwerp 19 van 2016, in die parlement ter tafel gelê toe hy die sogenaamde “Minibegroting” bekend gestel het. Hierdie wetsontwerp bevat die wetgewing wat die Spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram (SVDP) reguleer, en wat op 1 Oktober 2016 in werking getree het en veronderstel was om op 30 Junie 2017 te eindig. Die wetsontwerp, soos ingedien, bevestig dat die SVDP vir nege maande aktief sal wees in teenstelling met die oorspronklik aangekondigde periode van ses maande. Die staande komitee oor finansies het gevolglik op 24 November 2016 die sperdatum tot 31 Augustus 2017 verleng.

In ooreenstemming met die SVDP moet applikante wat kwalifiseer ’n bedrag gelykstaande aan 40% van die hoogste bedrag van die randterme van die ongemagtigde buitelandse bates aan die einde van elke jaar van assessering wat op of ná 1 Maart 2010 eindig, maar  nie op of ná 1 Maart 2015 eindig nie, by hulle 2015 belastinginkomste insluit. Die wetsontwerp is dus die resultaat van die tesourie se aankondiging in September 2016 dat die insluitingstarief van 50% na 40% verlaag is.

Bykomend hiertoe bevat die wetsontwerp ’n voorwaarde wat behels dat die basiskoste van die ongemagtigde buitelandse bates waarvoor ’n aansoek in ooreenstemming met die SVDP ingedien word, beskou sal word asof dit op 28 Februarie 2015 aangekoop is teen ’n koste gelykstaande aan die hoogste markwaarde, in buitelandse geldeenheid, van daardie bate soos bepaal onder klousule 16 van die wetsontwerp. Klousule 16 verwys na die manier waarop die bedrag wat in die applikant se belasbare inkomste in 2015 ingesluit moet word, bepaal moet word. Dit is gebaseer op die markwaarde van die ongemagtigde buitelandse bates in die relevante buitelandse geldeenheid en word in rand omgeskakel teen die lokotarief op die laaste werksdag in Suid-Afrika aan die einde van elke jaar van assessering wat van toepassing is, naamlik 28 Februarie 2011, 29 Februarie 2012, 28 Februarie 2013, 28 Februarie 2014 en 28 Februarie 2015. Hierdie is ’n toegewing aan belastingbetalers wat behels dat die basiskoste van die buitelandse bates prakties verhoog word wanneer die kapitaalwins bepaal word wat aan belasting onderworpe sal wees wanneer daar uiteindelik van die buitelandse bates ontslae geraak word. In stede daarvan om op die historiese koste van die buitelandse bates staat te maak, sal belastingbetalers geregtig wees om op die markwaarde staat te maak wat gebruik word om die belasting te bepaal wat betaalbaar is op daardie buitelandse bates onder klousule 16 van die wetsontwerp.

Kontak Fanus Jonck, belastingkonsultant, by tax@jonck.net met jou belastingnavrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest