Leesvordering:

Kokkedoortjies kóók op Showmax ook

Apr 7, 2017

Vanaf 6 April beskikbaar.
In die kombuis bevat die kleinste botteltjies dikwels die bestanddele met die meeste skop – en net so is dit met die deelnemers aan kykNET se nuwe werklikheidsreeks Kokkedoortjie. Hulle is almal tussen 10 en 14 jaar oud, maar die tien kinderkokke wat aan Kokkedoortjie gaan deelneem, sal maklik koekmeel in die oë van meer gesoute kokke skop. Hierdie klein kokkies kan toor met potte en panne, en kan alles van ’n pannekoek tot ’n panna cotta optower sonder om te blik of bloos.  Mari-Louis Guy, bobaas bakker en Koekedoor-beoordelaar, en die sjef Nic van Wyk (van Kokkedoor-faam) gaan die moeilike proewerk doen en uiteindelik die koning of koningin van die kinderkokke kies.

Die reeks speel oor 13 episodes af, en jy kan jou regmaak vir dieselfde hoogdrama waarvoor Kokkedoor en Koekedoor bekend was – maar nou met ‘n ekstra skeppie kostelikheid. Elke Kokkedoortjie het ’n volwassene wat hulle vergesel, maar die groot kook- en bakwerk moet hulle self doen.  Jy sal moontlik self ’n paar truuks by die klein kokkies kan leer, en as jy jou kinders wil aanspoor om hulleself handig te maak in die kombuis, is dié program net die ding.

Jy kan al die Kokkedoortjie-aksie op Showmax sien. Indien jy nog nie ingeteken het nie, maak gebruik van die gratis proeflopie en kry ’n voorsmakie van al die heerlike programme wat Showmax opdis

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest