Leesvordering:

Afrikaans is internasionaal – Leah

Mei 25, 2017

Dubai is omtrent ’n oorweldigende plek! Dis vir my letterlik soos ’n oasis in die middel van die dorre woestyn, amper asof dit nie regtig daar is nie. Die ongelooflike geboue is supermodern, maar tussenin is steeds tradisionele boustyle. Alles is die grootste en beste – van die winkelsentrums tot dansende fonteine (een van my hoogtepunte!) en hotelle.

Ek het by die Atlantis Aqua Venture Water Park weer soos ’n kind gevoel en my stem lekker hees geskreeu … Die woestynsafari met 4×4’s is natuurlik een van die beste ervarings wat mens in Dubai kan beleef. Die bestuurder was doodstil toe hy die voertuig tot sy uiterstes op die sandduine toets. Die woestyn bring jou tot stilte; mens besef eintlik net hoe klein jy is en hoe baie daar buite is.

Een ding is ook seker: Dubai het die beste lugverkoeling in die wêreld! Dit was ongelooflik warm buite, maar stap jy in ’n gebou in wil jy jou trui aantrek …

Ons vertoning by Zinc was regtig lekker. Ek kon amper nie glo dat daar soveel Afrikaanssprekendes in Dubai is nie en dat hul ons kunstenaars so ondersteun nie! Dit maak my hart so bly: Afrikaans is internasionaal. Kyk, dis lekker om ’n mens te wees, mens moet net ’n lekker mens wees … Die toergroep was LEKKER!

Dankie, Dubai! Ek sien jou weer!

Lees ook: Wêreldwyd kuier in Dubai

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest