Leesvordering:

Mooi herinneringe uit Dubai – Willem Botha

Mei 25, 2017

Vroeg die oggend staan my tasse gereed om in die kar te laai. Opwinding loop hoog – daar is mos altyd ’n senutergende opgewondenheid wat borrel wanneer ’n mens oorsee gaan. Hierdie keer is dit selfs nog meer spesiaal vir my, want vir die eerste keer vat ek my ma, Sarie, saam met my op een van my oorsese trips.

Alhoewel ek al vier keer in Dubai was en hul stad en kultuur beleef het, het ek dié keer met ander oë na alles gekyk: Deur die oë waarmee my ma alles gesien het en ons dinge saam kon doen en beleef. Hoe sy gelag het tydens die Desert Safari se wilde 4×4-roete deur die woestyn en gegil het toe sy by die super tube afgegaan het by Atlantis.

Mense inspireer my. Hul stories en wat hul pad is wat hulle in die lewe stap. Ons het saam met ’n paar mense van Suid-Afrika getoer, elkeen op hul eie journey. Dit was so lekker om in ’n vreemde land te kon praat oor ons eie, mooi SA; die goed en ook die sleg. Ek het lewenslange nuwe vriende gemaak wat ek altyd sal koester.

Een van die hoogtepunte vir my is om altyd te sien hoe Suid-Afrikaners wat nou in die buiteland bly se gesigte ophelder wanneer ons optree. Hoe hulle elke woord van jou musiek saamsing en hoe hulle uitgehonger is om net Afrikaans te kan praat. Dít maak wat ons doen soveel meer die moeite werd. Dan is daar ook die lekker geselsies ná die tyd met al die staaltjies wat hulle jou vertel – en dan kom jy agter hulle verlang tóg na Suid-Afrika. Soos hulle sê: As jy jou eie gras genoeg water gee, sal dit nie altyd groener aan die ander kant wees nie.

Ná daardie week in Dubai neem ek net mooi herinneringe wat ek saam met my ma gemaak het huis toe, en natuurlik ’n hart vol liefde vir my land en taal. Ek dink nie mense sal ooit hul eie land vergeet nie, maar ek dink hierdie vertonings in die buiteland is só nodig om die kultuur van Afrikaans aan die brand te hou en weer die sterre in almal se oë te laat skyn.

Willem Botha

Lees ook: Wêreldwyd kuier in Dubai

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest