Leesvordering:

Kampavonture in Kanada

Jul 13, 2017

deur Karen Jordaan

Ons bly in Prince George in Brits-Columbië,  Kanada. Ons het bykans ses jaar lank in Frobisher in Saskatchewan, Kanada (45 km van Estevan en 20 km van die VSA-grens met Noord-Dakota) gewoon nadat ons einde Februarie 2007 na Kanada verhuis het.

Ons kamp graag as die geleentheid homself voordoen, en ek deel graag ’n paar foto’s van die provinsiale parke waarby ons al gekamp het.

Die provinsiale parke van Brits-Columbië is almal onder die provinsiale bestuur en bied meestal geen fasiliteite nie, buiten miskien spoeltoilette en sentrale toilet-en-stortgeriewe. Daar is geen water- of elektriese koppelings vir kampeerkaravane soos wat die ander oorde bied nie. Jy moet jou eie water saamry en jou eie gas gebruik om te braai en te kook – en dan is daar gewoonlik slegs twee ure in die oggend en twee ure in die middag wanneer jy ’n kragopwekker mag gebruik.

Jou kampterrein moet te alle tye beervriendelik wees, want dié diere is maar altyd in die omgewing – hoewel ons nog net een gesien het op pad na ‘n kamp so 3 weke terug. Jy moet altyd sorg dat al jou kos weggepak is, jou vullis in die aangewese dromme gegooi word en ander soortgelyke maatreëls!

Paarensstrand

By Paarensstrand kan jy letterlik op die waterfront staan!

Dié strand, wat aan die suidwestelike oewer van Stuartmeer in Brits-Columbië lê, is ’n aangename klein provinsiale park waarvan bitter min mense buite die gebied skynbaar weet. Die rustige kampterrein, groot oewers en boothelling bied die ideale basis vanwaar mens die ryk geskiedenis kan ontdek en die legio ontspanningsmoontlikehede rondom Stuartmeer en die nabygeleë gemeenskap van Fort St. James kan geniet.

 

 

Whiskers Point Provinsiale Park

Dié foto’s is van Whiskers Point (130 km noord van Prince George) aan die McLeodmeer in Brits-Columbië.

Dié provinsiale park bied ’n welkome afklimpunt en ontspanningsgeleenthede aan gesinne wat met ’n lang vakansie is. Mens kan tot reg teenaan die meer kampeer in dié stil, beboste park wat op ’n skiereiland aan dié historiese meer geleë is. Daar is oorgenoeg afsondering met ’n suidelike blootstelling – een van die redes waarom kampeerders gaande is oor die asemrowende sonsondergange.

Dit is die tweede keer dat ons hier gekamp het. Natuurlik beleef mens dit nou weer heeltemal anders met kleinseun Xander wat nou die wêreld vol met ry met sy skopfiets ry of loop!

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest