Leesvordering:

NUWE ZIMBABWIESE VRYSTELLINGSPERMIT (ZVP): DISPENSASIE AANGEKONDIG

Sep 15, 2017

Die minister van binnelandse sake het op Vrydag 8 September 2017 aangekondig dat ’n nuwe dispensasie vir Zimbabwiese burgers wat tans die Zimbabwe Dispensasieprojek(ZDP)-visum het in Suid-Afrika (indien hulle betyds aansoek doen) hul visum kan verleng of vir die nuwe dispensasievisum aansoek doen wat vir ’n vierjaartydperk geldig sal wees.

Aansoeke mag ingedien word vanaf 15 September 2017, met die sluitingsdatum vir aansoeke op 30 November 2017.

Julian Pokroy Prokureurs, as die voorste immigrasiespesialisprokureurspraktyk in Suid-Afrika vir meer as 35 jaar, kan met dié ZVP-vrystellingsaansoeke help.

Navrae in hierdie verband moet na mailto:enquiries@immigration.org.za gestuur word met die woorde “Zimbabwe Exemption Project Application” in die onderwerpveld.

Slegs permithouers van die huidige ZDP-visums wat op 31 Desember 2017 verstryk, kom in aanmerking vir aansoek vir die ZVP-vrystelling.

Dit is onwaarskynlik dat alle visumaansoeke voor die vervaldatum op 31 Desember 2017 afgehandel sal wees, maar die minister het die aankondiging gemaak dat indien die houer van die ZDP-visum bewyse by hom het dat hy wel vir die ZVP-visum aansoek gedoen het, hy met daardie oorspronklike bewys gepaard met sy paspoort kan reis.

Soos in die geval van die vorige vrystellings mag die houer van so ’n vrystelling nie vir ’n verandering in status na ’n ander soort visum aansoek doen van binne Suid-Afrika nie.

’n Baie opwindende en vars ontwikkeling is dat, met die nuwe ZVP, die houer van ’n geldige ZDP-visum wel – indien hy in aanmerking kom (soos binne die kritiese vaardigheidslys) – mag aansoek doen vir ’n verandering in status om sodoende van binne die land vir ’n hoofstroomvisum aansoek te doen, soos die kritiese vaardigheidswerkvisum.

Hieronder is ’n skakel na die kritiese vaardigheidslys sodat potensiële kandidate en aansoekers vir so ’n visum kan bepaal of hulle inderdaad kwalifiseer:

https://www.immigration-sa.com/wp-content/uploads/2014/07/JPA-Critical-Skills-List.pdf

Stuur gerus ’n e-pos aan ons kantoor by enquiries@immigration.org.za met enige navrae.

Meer oor die outeur

Julian Pokroy

Julian Pokroy Prokureurs: Spesialis in wetgewing oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingskap.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest