Dit is die taal wat ons praat, die musiek waarna ons luister, ons land se natuurskoon, ons ryke geskiedenis – dié en talle ander erfgoed maak ons wie ons as Afrikaners is. Dit gee vorm aan ons identiteit en daarom vier Kraal Uitgewers van Vrydag 15 September tot Erfenisdag op Sondag 24 September tien dae van erfenis. Kom vier dit en gesels dag vir dag saam met ons, en staan die kans om opwindende pryse te wen! Word ’n Kraal Uitgewers-vriend op Facebook en neem so deel aan ons vieringe. Klik hier vir meer inligting.
Maroela Media: Nuushooftrekke van die week
Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....