Leesvordering:

In die hartjie van Nepal

Okt 26, 2017

Kolomme wierook rys uit ’n brandende pot. Hierdie foto is by die Boudhanath-stoepa in Katmandoe, Nepal geneem.

Vriendelike gesigte van Nepal

Ons is heeltemal gek oor die mense van Nepal! Hulle was so vriendelik en verwelkomend. Die kinders was baie gretig om vir ’n foto te staan. Die seun met die rooi pet het eers gehuiwer, maar toe het sy ma vir hom gesê om “Namaste” vir ons te sê en dié reaksie het gevolg. Op pad Katmandoe toe het ek ons toergids herinner dat ek steeds my foto van ’n ryswerker nodig het. Hy het hierdie bejaarde vrou langs die pad gesien en haar gevra of sy ’n probleem daarmee het dat ek ’n foto neem. Sy het geantwoord met ’n vriendelike “Nee”. Die toergids het gevra of sy kan glimlag en ek het sommer ’n wuif ook gekry! Ek is gaande oor haar hemp!

Kos op die tafel

Een van my doelwitte in Nepal was om ’n paar foto’s te neem van mense wat op die rysplantasies werk. Selfs die jongmense raak by dié familiebesigheid betrokke.

Meer oor die outeur/fotograaf:
Phillip Grobler is gedurende die skooltermyn ’n onderwyser in Oman, maar ’n reisiger en fotograaf wanneer hy ook al die geleentheid kry!

Besoek www.saffatravels.com om meer van Phillip se blogs en pragtige foto’s te sien.

Meer oor die outeur

Phillip Grobler

Volg Phillip se avonture op sy Instagram: @saffa_travel_teach https://www.instagram.com/saffa_travel_teach/

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest