Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Geen pyn, geen innovasie nie

Nov 16, 2017

Ek kan nie glo dat twee maande reeds verby is vandat ek my eerste eBoek en digiTydskrif geloods het nie: Klik hier vir meer inligting. 

Ek het natuurlik glad nie geweet wat die reaksie (verkope) sou wees nie, maar kan wel bevestig dat ek nou (of ek wil of nie!) myself in die aanlyn publikasie-arena bevind.

My jongste digiTydskrif-uitgawe het die korporatiewe besigheidsikoon en Afrikaner-gentlemen, Brand Pretorius, op die voorblad: Klik hier vir meer inligting.

Nog ’n wonderlike hoogtepunt was my en my familie se vyf-en-ʼn-halfweeklange vakansie in Suid-Afrika (met ʼn bietjie besigheid tussenin), waar ons meer as 5 000 km gery het. Tydens hierdie reis het ons nuwe dele van ons land gesien en was dankbaar om dit vir ons kinders te kon wys – plekke waar ons 15 jaar laas was en plekke waar ons nog nooit was nie. Ek herinner my aan ons heel eerste en spesiale aand in Philippolis, van alle plekke! Sien die foto hierbo.

Só het ons ook Swart Maandag in aksie gesien op pad Vrystaat toe vanaf Kaapstad: sekerlik ’n dag wat tragedie, hoop en saamstaan simboliseer soos dit lanklaas gesien is.

Maar laat ek jou met ’n belangrike en hopelik ’n inspirerende gedagte bemoedig:

Baie innovasie en deurbrake word gebore uit krisis of ter wille van oorlewing. Daar is ’n rede waarom die Skandinawiese lande so dinamies is, want honderde jare gelede moes hulle slim oplossings genereer of doodeenvoudig sterf.

Die innovasie en geleenthede in Suid-Afrika was en is vir ons as familie tasbaar: innovasie wat gebore word uit ’n gagga politiese en rassistiese klimaat.

Dit bly egter jou keuse: Watter tipe bril gaan jy opsit en in watter lig gaan jy die toekoms sien?

Onthou … aanhouer wen!

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest