Leesvordering:

NAWEEKNADINK: Laat jy enigiemand in jou (kuber-) huis toe?

Nov 23, 2017

Ek’s besig om ’n paar ondernemings in Suid-Afrika met nuwe sakegeleenthede te help deur hulle aan my internasionale netwerk voor te stel of om te kyk of ek iemand ken wat dié mense ken waarmee hulle graag wil gesels.

Ek kry gereeld nuwe vriendskapsversoeke op Facebook of iemand wat met my wil op LinkedIn skakel. Hulle is egter vreemdelinge en ek wil nie jou vriend wees of met jou skakel nie.

Daar is vir my twee probleme om ’n vreemdeling in jou kuberhuis toe te laat:

  1. Vanuit ’n persoonlike oogpunt: Dit is vir my skokkend hoe baie mense, veral dié met hulle 4 000 Facebook-vriende (jy weet wie hulle is), net blootweg enige Jan Rap en sy maat as vriend sal aanvaar. Dit is ’n ernstige sekuriteitsrisiko en jou profiel sál een of ander tyd gekaap word.
  2. Vanuit ’n sake-oogpunt: Hier is nou ’n geleentheid om jou naam met ‘n plank te slaan as jy sommer met enigiemand skakel. As jy daardie persoon is wat met mense wil skakel met wie jy nog nooit ’n geskrewe of gesproke woord gehad het nie, hou asseblief onmiddellik op. Die krag van LinkedIn lê juis daarin dat ons mekaar KEN en ek dalk iemand KEN wat die mense KEN met wie jy graag wil gesels.

Hoe gaan jy moontlik jou naam met ‘n plank slaan? Ek gaan sien dat jy 50 000 Linkedin-verbintenisse het, onder andere Bob. Ek vra jou dan om Bob aan my voor te stel, want ek het vir hom verblyf op Robbeneiland. As jy nog nooit enige kommunikasie met Bob gehad het nie, gaan dit vir jou baie moeilik of selfs onmoontlik wees om hom te vra of hy met my sal gesels …Moenie vreemdelinge in jou kuberhuis toe laat nie!

  • Die jongste uitgawe van my digitydskrif KLIPKOUERS het korporatiewe besigheidsikoon en Afrikaner-gentleman, Brand Pretorius, op die voorblad. Klik hier vir meer inligting.

Lees ook NAWEEK NADINK: Geen pyn, geen innovasie nie

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest