Leesvordering:

Elders: Die Camino

Jan 10, 2018

Elders, Erns Grundling se boek oor sy ervaring tydens die stap van die Spaanse pelgrimstog bekend as die Camino, is ’n topverkoper wat lesers op ’n lewensveranderende voetreis, maar ook op ’n innerlike tog meevoer. Nou kan jy ’n meer intieme blik op dié staptog ervaar met die reeks Elders: Die Camino, waarin Erns sy tog hervat saam met ’n klein kameraspan van Palama Productions, bestaande uit die vervaardiger Niel van Deventer, die aktrise en regisseur Charlene Brouwer, en die videograaf Kobus Zietsman. Dié reeks is ’n leefstylavontuur wat op dinge fokus soos die genot van stap, kop skoonmaak, in die oomblik leef, die natuurskoon van Spanje, asook die mense wat die stappers langs die pad teëkom. Voornemende Camino-stappers sal ook meer onskatbare kennis opdoen oor die verblyf en kos wat hulle kan verwag tydens só ’n staptog, terwyl rusbankreisigers deur hierdie besonderse avontuur vermaak en verkwik sal word. Kyk sommer dadelik na splinternuwe episodes op ShowMax.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest