Leesvordering:

Internetvondse vir April

Apr 12, 2018

Die Wêreldwyd Wêreldgids is so lekker soos pannekoek by ’n kerkbasaar, so noodsaaklik soos biltong by ’n rugbywedstryd en so maklik soos pap en sous by ’n braai. Hier is ons vyf oulike ondernemings vir April. As jy dink jou besigheid hoort op hierdie lys moet jy vinnig spring om jou onderneming op ons gids te lys – dit is boonop gratis!

Doms Biltong

Noorweë se beste kwaliteitbiltong word gemaak deur twee avontuurlustige broers van Kaapstad, Suid-Afrika.

10 Degrees South

Neem jou smaaksintuie op ’n kulinêre safari! 10 Degrees South is ’n Suid-Afrikaanse restaurant wat ’n kulinêre hawe bied vir die smaakmakers van Atlanta.

Dutchy’s gourmet sausage

Ons handgemaakte wors word uitsluitlik met net die beste USDA-keurvleis en -speserye gemaak. Ons spesialiteit is ons oorspronklike boerewors. Ons hou ook biltong, droëwors en verskeie ander Suid-Afrikaanse lekkernye aan.

Karoo Restaurant

Karoo Restaurant word geïnspireer deur die diverse geure van Brittanje, Nederland, Afrika, Maleisië, Portugal en Indië, wat die basis vorm van die heerlike disse van sjef Sanette Groenewald se vaderland, Suid-Afrika.

Shebeen Pub & Braai

Die Shebeen Pub & Braai bied Suid-Afrikaans-geïnspireerde kookkuns in die middestad van Charlottesville, Virginië.

Ondersteun die Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing en lys sommer nou jou onderneming ook op die Wêreldgids!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest