Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: De Afrikander Handelshuis

Aug 8, 2018

Wie is De Afrikander Handelshuis (D.A.H)?

 De Afrikander Handelshuis is die grootste Afrikaanse aanlynwinkel.

 Hoe het D.A.H begin?

D.A.H is in 2013 by ’n koffiewinkel in Magnoliadell in Pretoria begin. Meer en meer jongmense het met “New York” in plaas van “Pretoria” T-hemde rondgeloop en dit was tyd om Afrikaans weer assosieerbaar te maak. Met vier T-hemde, ‘n gazebo en ‘n tenk vol petrol het die reis van De Afrikander Handelshuis (D.A.H) begin.

Vyf jaar later, na talle landbou -en kunstefeeste, straatmarkte en laat aande se T-hemde vou verder is D.A.H die tuiste vir eg-Afrikaanse produkte.  Vandag bestaan D.A.H se aanlynwinkel en fisiese winkel by die Voortrekkermonument uit veel meer as T-hemde. Met vellies, ketties, tolletjiebrei, blikbekers en alles wat Afrikaans is – is D.A.H ’n grenslose tuiste vir alles en almal wat lief is vir Afrikaans!

Waar kom die naam vandaan?

In 1707 het Hendrik Biebouw uitgeroep: “Ik ben een Afrikander” (Ek is ʼn Afrikaner), in opstand teen die koloniale regering in die Kaap. De Afrikander se naam is afkomstig van dié woorde van Hendrik Biebouw waar die woord “Afrikaner” die eerste maal gebruik is. Dit was die oomblik waar Afrikaners hulle gesigte weg van Europa en na Afrika gedraai het. Hierdie gebeurtenis spreek van ‘n vreeslose opeising van identiteit en ‘n diep gewortelde trots. De Afrikander spog met dié leefwyse en laat jou toe om dit met trots op jou mou te dra. De Afrikander Handelshuis – Produkte met kultuur!

Watter produkte is beskikbaar op www.afrikander.com?

 Klere en bykomstighede: Vir die grootwild-jagter wat met sy trofees op sy bors pronk.  Vir die stadsjapie met ’n hunkering na die oop vlaktes van Afrika.  En vir die plaaspoppie wat beide kan uitoorlê. Unieke T-hemde, hout sonbrille, kruisbande en egte leer Vellies!

Eetgoed: Vir die mond wat hunker na bierbrood en vars gebroude swart moerkoffie.

Dekor: Kikker jou tuiste op met unieke Afrikaanse huis -en dekor produkte wat tot jou skoonma se goedkeuring sal wegdra!

Speelgoed: Nostalgiese kleinspan-bederfies so seldsaam soos hulle self. Ketties, tolletjiebrei, rekkiegewere en beklfuitjies!

Juwele: Unieke blinkgoedjies wat jou na Afrika sal verlang. ‘n Ou 1c hangertjie, 5c oorbelle en hangertjies van die bekende Pretoria ontwerper, Femke Kleisen.

Boeke en media: Vir elke boekwurm met ’n oop gaatjie op sy boekrak is daar Afrikaanse geskiedenis boeke en Afrikana musiek CD’s.

Kuns: Kuns wat jou muur sal ophelder met bekende Suid-Afrikaanse tonele soos die Hartbees-huisies, windpompe, Uniegebou en natuurlik die Voortrekkermonument!

Koop Afrikaans

As jy by D.A.H koop help jy ons om meer produkte op die rakke te sit, sodat jy ‘n leefstyl kan hê wat trots Afrikaans is deur jou taal op jou mou te dra! Help ons om jou een-stop algemene handelaar te wees vir alles wat jy nodig het om jouself te wees. Ondersteun produkte in jou taal, koop produkte met kultuur!

Volg De Afrikander Handelshuis op:

Facebook

Instagram

Om na die produkte te loer, besoek www.afrikander.com of gaan loer in by die winkel by die Voortrekkermonument!

Besoek De Afrikander se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou besigheid hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest