Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Gogo’s Waterfront

Okt 11, 2018

Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos malvapoeding op ’n Sondagmiddag. Die Wêreldgids is die perfekte plek om na trots Suid-Afrikaanse produkte, restaurante, dokters en selfs prokureurs in jou omgewing te soek. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming op die gids om in Kollig te verskyn. Hierdie week kyk ons na die gewilde restaurant GOGO’s in Windsor.

GOGOS Waterfront is ’n familie-onderneming wat besoekers die kans gee om uit die geroesemoes van die besige toeriste dorp Windsor te ontsnap. Dit bied ’n asemrowende uitsig oor die Windsor Marina en omliggende platteland. Kom geniet die sosiale, warm atmosfeer van die Shebeen Skemerkelkiekroeg wat vir sowel groot groepe as klein, intieme groepies toegerus is. Die Shebeen Skemerkelkiekroeg is met ‘n gesellige kaggel, banke en lang tafels ingerig om die perfekte ontspanningsatmosfeer te skep. Sedert ons begin in 2013 was ons doel eenvoudig: om besonderse kos in ’n besonderse omgewing te bedien.

Met ’n uiteenlopende spyskaart sal jy verseker iets kry waarvan jy hou. GOGO’s spits hulself veral daartoe om Suid-Afrikaanse gunstelinge met ’n kinkel voor te sit. Jy sal beslis tuis voel!

Adres: Racecourse Marina, Windsor

Telefoonnommer: +44 1753 869057

Besoek Gogo’s se profiel op die wêreldgids hier

Besoek Gogo’s se webtuiste hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest