Leesvordering:

Naweek Nadink: Fokus uitwaarts. Dit gaan nie altyd oor jou nie.

Okt 16, 2018

In my vorige Naweek Nadink het ek beklemtoon dat respek of eer teenoor mekaar, hetsy in persoon of op sosiale media, belangrik is. Wat dit egter nie beteken nie, is dat alles oor die persoon (of jou) moet gaan. Die moeilike gesprekke en situasies bou karakter indien jy daardeur werk.

Die toekoms van die advertensiewese is “content marketing”, of eerder “content marketing” begin die advertensiewese stadig doodwurg. Die ander meer bekende strategie wat hierdie gedagte vir my mooi saamvat is die “Freemium”-prysstrategie, wat behels dat die produk of diens gratis is as wegspringplek.

Met ander woorde, wat ek die heeltyd beklemtoon is dat die wegspringplek die ander persoon of kliënt se behoeftes moet wees met gepaardgaande waardetoevoeging.

Wat egter vir my ironies is, is die feit dat terwyl dinamiese ondernemings al hoe meer beweeg na gratis waardetoevoeging as wegspringplek, die wêreld al hoe meer polities korrek raak ten einde ’n minderheidsgroep te akkommodeer. Byvoorbeeld die maatskappy met 50 000 werknemers wat ’n beleid verander ten einde die 17 mense met hul dun velle te akkommodeer omdat hulle aanstoot geneem het.

Wat ek probeer sê is die volgende: Omdat jy as mens waarde het, gee dit jou nie ’n lisensie om alles oor jóú te maak nie. Moenie ’n karakterontwikkelingsgeleentheid mis omdat jou vel ’n bietjie dun is nie. Dis juis die pynlike en ongemaklike gesprekke wat daardie vel dikker gaan maak. ’n Goeie karakter is jou fondasie vir sukses.

 

In verlede week se onderhoud met dr. Dirk Koekemoer was dit vir my werklik inspirerend hoe hy die wêreld ’n beter en gesonder plek maak. Hy het ’n uitwaartse fokus, maar in die proses maak hy mense gesond en skep hy werk, terwyl hy finansieel beloon word daarvoor.

 

ONTHOU!

– Luister na my nuutste onderhoud met dr. Dirk Koekemoer, stigter van die biomediese maatskappy eMoyo. Klik hier

– Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik hier

 

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest